Gepubliseer op: 8 September 2025
Daar is ʼn ou gesegde wat lui dat jy nie ʼn huis moet koop alvorens jy nie eers self oor die voordeur se drempel gestap het nie. Hierdie brokkie advies is ook van pas as dit kom by die keuse van ʼn studietuiste. Die jaarlikse Akademia-sentrumopedae bied aan voornemende Fonties* die geleentheid om nie net hulself te vergewis van die instelling se uitgebreide programverskeidenheid nie, maar óók om eerstehands te ervaar wat die dinamiese nauurse afstandsmodel behels.
Die nauurse afstandsmodel, een van die instelling se twee onderrigleermodelle, bied aan studente die geleentheid om stukrag aan hul studiedrome te gee – ongeag ouderdom, lewensfase óf geografiese ligging. Hierdie model is nommerpas vir studente wat hulself reeds in die werksplek gevestig het, of ander belangstellings najaag as byvoorbeeld professionele sportlui of entrepreneurs.
Bespreek vandag nog jou plek
Voornemende studente in George, die Paarl en Bloemfontein kan die volgende datums aanteken en solank hul plek bespreek:
Akademia-sentrum, Joubert-plaza, Meadestraat 100 (eerstevloer)
Akademia se Paarl-kampus, Bredastraat 1, Esterville, Paarl
Akademia-sentrum, The Towers-winkelsentrum, Langenhovenpark
Tydens hierdie geleentheid sal belangstellendes in hierdie streke meer oor die aard en wese van die instelling te wete kan kom, asook eerstehands met Akademia-personeel en huidige Fonties kennis te maak.
Die sentrumopedag-program sluit die volgende in:
ʼn Vraag-en-antwoord-sessie.
Landswye sentrumnetwerk
Die instelling se landswye sentrumnetwerk verteenwoordig ʼn belangrike ondersteuningstruktuur vir studente wat nauurs oor afstand hul studie aanpak. Hierdie netwerk is spesifiek midde Afrikaanse gemeenskappe gesetel om die voetspoor van toeganklike hoër onderwys te vergroot.
Elke sentrum vervul die rol van ʼn akademiese tuiste vir studente in ʼn bepaalde gebied, en binne hierdie ruimte word vriendskappe gesmee, netwerke uitgebrei en die nodige logistiese ondersteuning gebied.
Waarvoor wag jy? Steek die drempel na jou studiereis oor, en ervaar self wat Fontie-wees as ʼn nauurse afstandstudent behels. Besoek gerus die Akademia-webblad vir meer inligting.
*Fonties verwys na studente wat aan Akademia studeer. Dié eienaam is afgelei uit die instelling se leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne.
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.