Gepubliseer op: 2 September 2025
Akademia het op Donderdag 28 Augustus 2025 die wenners van sy gewilde sakeplankompetisie, ʼn opwindende inisiatief vanuit die instelling se BCom (Ondernemingsbestuur)-program, aangewys. Die wenners is tydens ʼn galageleentheid by die instelling se Leriba-kampus aangekondig en die aand se applous het behoort aan die volgende persone.
Kategorie een | Akademia-studente met ʼn nuwe ondernemingsdroom of -konsep wat nog nie in die bedryfsfase is nie
Kategorie twee | Akademia-studente wat reeds ʼn bestaande onderneming bedryf met ʼn bestaansgeskiedenis van tussen een en vier jaar
Kategorie drie | Lede van die publiek wat reeds ʼn gevestigde besigheid vir die afgelope een tot drie jaar bedryf
Dewald Strydom, Zortex Baits: Zortex Baits is gebore uit Strydom se liefde vir visvang en sluit ʼn reeks plaaslik vervaardigde plastiekkunshengelaas in.
Derhalwe vir ʼn rits pryse, waaronder ʼn wennerstjek van onderskeidelik R15 000 (kategorie een) en R20 000 (kategorie twee en drie), het elke wenner ook ʼn bonsai-boompie ontvang. Hierdie boompies spieël die karaktereienskappe van ʼn entrepreneur en dien as ʼn simboliese herinnering aan die verantwoordbaarheid, dissipline, kreatiwiteit, skeppingsvermoë, inisiatief en die konstante toegeneë passie wat elke wenner aan die dag lê.
Die volgende borge het tot die geleentheid bygedra: Adventure Institute, GROOTfm, Solidariteit, AfriForum Sakenetwerk. M.co, La Essence Creations, Werner Schmidt, Van Schaik Uitgewers, M at 22 en FNI Services.
Sakeplankompetisie spreek tot blywende entrepreneuriese impak
Vanjaar se kompetisie, in sy splinternuwe gedaante, het vir die eerste keer voorsiening gemaak vir entrepreneurs vanuit die gemeenskap. Hierdie toevoeging spreek volgens dr. Rachel Maritz, dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, tot die instelling se gemeenskapsverbondenheid. Maritz, wat tydens die geleentheid as die hoofspreker opgetree het, het vanjaar se deelnemers en finaliste geloof vir hul entrepreneuriese dapperheid, hul besigheidsywer en die rol wat hulle as gemeenskapsbouers speel.
“Entrepreneurs versterk hul gemeenskappe deur werkskepping aan te vuur en só ekonomiese groei te bevorder. Danksy hierdie passievolle individue, en hul vindingryke en lewensvatbare besighede word gemeenskapsbande versterk en word ʼn kultuur geskep waarbinne toegewydheid, kreatiwiteit, lojaliteit en waardegedrewendheid die botoon voer. Binne hierdie kultuur word daar nie nét na eie wins en voordeel gestreef nie, maar ook betekenisvolle en langdurige impak,” sê Maritz.
Gedagtig aan hierdie multidimensionele aard en impak van entrepreneurskap meen Maritz voorts dat die kompetisie – by wyse van voortgesette mentorskap en die uitbouing van waardevolle ondersteuningsnetwerke – die ontwikkeling van deelnemers se denke én hart in die hedendaagse besigheidsmilieu doelgerig help vorm.
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.