Gepubliseer op: 14 Julie 2025
Die Akademia-sakeplankompetisie, ʼn opwindende inisiatief vanuit die instelling se BCom (Ondernemingsbestuur)-program, word vanjaar weer aangebied en spog op die koop toe met ʼn splinternuwe baadjie. Vanjaar se kompetisie sal oor drie kategorieë beslis word, en lede van die publiek sal vir die eerste keer hul sakevernuf in dié kompetisie op die proef kan stel. Aansoeke vir dié kompetisie open op Maandag 14 Julie.
Die doel van die kompetisie is om, gedagtig aan die instelling se vormingsideaal, praktiese uitvoering te gee aan die ontwikkeling van deelnemers se denke én hart wat die hedendaagse besigheidsmilieu betref. Binne hierdie roepingstaak, sal deelnemers vanjaar in die volgende kategorieë kan deelneem:
Lede van die publiek wat reeds ʼn gevestigde besigheid vir die afgelope een tot drie jaar bedryf.
Behalwe vir die doelgerigte fokus op die ontwikkeling en gebruik van effektiewe sakeplanne, sal deelnemers voorts kan baat vind by akademiese en praktiese mentorskap deur kundige akademici en bewese entrepreneurs. Nóg ʼn gróót trekpleister van dié kompetisie, wat reeds sedert 2018 suksesvol aangebied word, is die waardevolle netwerkgeleenthede wat dit aan betrokkenes bied.
Só vier en bevorder Akademia entrepreneurskap
Volgens dr. Rachel Maritz, dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, breek Akademia met dié kompetisie ʼn betekenisvolle lansie nie nét vir die besigheidsektor in geheel nie, maar spesifiek vir entrepreneurs. Sy meen voorts dat die uitbreiding van die kompetisie, om nou ook vir die publiek ʼn geleentheid te bied, spreek op ʼn opwindende manier tot die instelling se gemeenskapsverbondenheid. “Die kompetisie bied aan alle deelnemers die kans om waardevolle netwerke te bou en skouers te skuur met ʼn uiteenlopende groep entrepreneurs met verskillende belange, kennisvelde en besigheidservaring,” sê Maritz en voeg by dat hierdie skakeling die vorm van ondersteunende netwerke, mentorskap, advies, marktoegang asook emosionele bystand kan aanneem.
Op die vraag waarom entrepreneurskap soveel méér as net ʼn gewilde gonswoord is, antwoord Maritz dat entrepreneurs werkskepping aanvuur en grootliks tot plaaslike ekonomiese groei bydra. Hierbenewens versterk entrepreneurs gemeenskapsbande deur lewensvatbare besighede te vestig wat geskoei is op onderlinge lojaliteit en volgehoue ondersteuning. “ʼn Wenpreneur is iemand wat waardegedrewe, toegewyd en kreatief nie nét eie wins en voordeel nastreef nie, maar eerder daarop fokus om ʼn betekenisvolle verskil te bewerkstellig,” sê Maritz.
Skryf só in
Die aanlyn aansoekproses, wat via die Akademia-webblad geskied, is op só ʼn manier saamgestel dat deelnemers maklik deur elke stap kan navigeer. Die proses behels drie maklike stappe:
Laai jou sakeplan (in PDF-formaat) op.
Deelnemers moet ook kennis neem van die volgende belangrike datums:
28 Augustus – Die finale ronde en die aankondiging van die wenners
Die beoordelaarspaneel sal gevolglik die topdriefinaliste in elke kategorie aanwys, waarna die finale ronde by die instelling se Leriba-kampus in Centurion sal plaasvind. Tydens hierdie geleentheid sal die deelnemers ʼn sakeplanaanbieding doen waarna die wenners bekendgemaak sal word.
Die wenbesigheid van die 2024-kompetisie, Avo Guy, gaan ʼn jaar ná die kompetisie steeds van krag tot krag en die wenners, Willem en Louis Albertyn, meen dié kompetisie was die wegspringplek vir hul sukses. Die broers moedig deelname aan die kompetisie aan en motiveer deelnemers om só doelgerig vorm aan hul toekomsdrome te gee.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.