Akademia tree as gasheer vir Brasiliaanse hoëronderwysafvaardiging op

Gepubliseer op: 14 Mei 2025

Akademia se Leriba-kampus in Centurion het op 6 Mei 2025 as gasheer opgetree vir ʼn internasionale afvaardiging van die Sindicato das Entidades Mantenedoras de Estabelecimentos de Ensino Superior no Estado de São Paulo in Brasilië – ook genoem die Union of Higher Education Institutions in the State of São Paulo (SEMESP). Dié besoek is in Suid-Afrika deur die South African Private Higher Education (SAPHE), ʼn sambreelliggaam vir groter privaat hoëronderwysinstellings, gefasiliteer.

Volgens dr. Celia Booyse, senior bestuurder: Programontwikkeling en Akkreditasie by Akademia, bewerkstellig diesulke internasionale besoeke nie net nouer samewerking met die SAPHE nie, maar bied dit ook ʼn gulde geleentheid om ʼn globale perspektief op privaat hoër onderwys te bekom. Sy verduidelik dat verhoogde samewerking tussen diesulke instellings voorts aktief bydra tot SAPHE se inisiatiewe tot verdieping en verryking van private hoër onderwys in Suid-Afrika.

Die afvaardiging het uit sewentien lede bestaan en is vergesel deur SEMESP se uitvoerende direkteur, Rodrigo Capelato en Nancy-Anne Anderson, hoof- uitvoerende beampte van SAPHE. Dr. Gustaaf Wolvaard, stigter en besturende direkteur van The Foundation for Professional Development (FPD) het ʼn deel van die gesprek gelei. Die besoekers, wat ʼn weeklange reisprogram in Suid-Afrika gevolg het, het onder meer ontmoetings met gesante van die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO) gehad, terwyl verskeie privaat hoëronderwysinstellings in Gauteng en die Kaap óók besoek is.

Volgens Booyse het die omvang van die gespreksvoering grotendeels gefokus op Akademia se holistiese benadering tot interne gehaltebestuur en die meganismes in plek om funksionaliteit in die hand te werp. Sy sluit af deur te sê dat die besoek ʼn eerste vir die Brasiliaanse afvaardiging was en dat daar ná afloop van die besoek opgewonde uitgesien word na toekomstige samewerking soos deur die SAPHE bewerkstellig sal word.

Die rooi tapyt is by Akademia se Leriba-kampus in Centurion uitgerol vir ʼn onlangse besoek van ʼn Brasiliaanse afvaardiging van die Union of Higher Education Institutions in the State of São Paulo (SEMESP).
Gespreksvoering oor veral interne gehalteversekeringsprosesse was aan die orde van die dag tydens die besoek van die Brasiliaanse afvaardiging van die Union of Higher Education Institutions in the State of São Paulo (Semesp).

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.