Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg – Só dien Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid die gemeenskap

Gepubliseer op: 15 April 2025

Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid spog vanaf 2025 met ’n splinternuwe toevoeging tot sy programaanbod, naamlik die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg.

Hierdie praktykgerigte intreevlakkwalifikasie word op ’n NKR-vlak 5, en sal via die instelling se nauurse afstandsmodel oor ’n minimum tydperk van ’n jaar aangebied word. Dit het voorts ten doel om persone wat reeds in die werksomgewing staan – waaronder vakbondamptenare, werkgewersorganisasie-amptenare en aspirant regslui – toe te rus met ’n sterk teoretiese basis asook analitiese en probleemoplossingsvaardighede wat die toepassing van arbeidsreg betref. Ná afloop van die voltooiing van dié program sal studente in staat wees om ’n loopbaan as arbeidsregsadviseur in beide die kommersiële én openbare sektore na te streef. Hierbenewens bied die sertifikaatprogram studente die geleentheid om verder te studeer deur gevolglik vir ’n toepaslike baccalaureusgraad, onder andere ’n LLB, aansoek te doen.

Volgens prof. Hermie Coetzee, dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan Akademia, spieël die toevoeging van dié nuwe program die fakulteit se strewe na voortgesette diens aan die gemeenskap. “Die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg spreek ’n behoefte aan wat deur die wêreld van werk geopper is, en dit is vir ons ’n voorreg om op hierdie manier diensbaar te wees,” verduidelik Coetzee. Sy  sê dat arbeidsreg en die toepassing daarvan met alle aspekte van die werkswêreld verweef is, en dat dit daarom van wesenlike  belang is dat persone met relevante en doelmatige kennis en vaardighede toegerus word. “Hierdie program sal afgestudeerdes toerus om met selfvertroue grondige arbeidsprobleme in die werksplek te identifiseer, die tersaaklike beginsels na te vors en dit ook prakties toe te pas in  onder meer die hantering van dissiplinêre aangeleenthede,” sê Coetzee.

Die program sal onder meer die volgende modules insluit, wat deur vakkundiges met bewese praktiese ervaring in die betrokke spesialisvelde aangebied sal word:

  • Afrikaanse en Engelse Taalvaardigheid in die Regskonteks
  • Inleiding tot die Reg
  • Individuele Arbeidsreg en die Praktyk
  • Kollektiewe Arbeidsreg

Volgens prof. Danie Goosen, Uitvoerende hoof: Akademie by Akademia, is die instelling verheug oor die toevoeging van die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg tot die fakulteit se programverskeidenheid. “Buiten  dat dié program akademies gesproke ’n uitnemende – en hoogs relevante – program verteenwoordig, onderstreep Akademia hiermee nogmaals die feit dat hy geroepe is om nie net die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe in die onderskeie dissiplines en beroepe te dien nie, maar om ook die denke en hart van studente te vorm, ” sê Goosen. Met die vorming van ons studente word ook tot  gemeenskapsontwikkeling en -uitbouing bygedra.

Belangstellendes kan tot en met 31 Mei 2025 vir die huidige akademiese jaar aansoek doen vir studie in dié program en dit oor ‘n minimum van agttien maande voltooi. Studieaansoeke vir die 2026- akademiese jaar is óók reeds oop. Besoek Akademia se webblad vir meer inligting.

Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid spog vanaf 2025 met ‘n splinternuwe toevoeging tot sy programaanbod, naamlik die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg. Hierdie praktykgerigte intreevlakkwalifikasie word via die instelling se nauurse afstandsmodel aangebied.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.