Search
Close this search box.

Ma van twee en voltydse SAIPA-klerk sit haar studiereis voort met Akademia se Nagraadse Diploma in Belasting

Gepubliseer op: 21 April 2022

Chantelle van der Meulen, ʼn student wat besig is met haar Nagraadse Diploma in Belasting by Akademia, het in 2020 by dié hoëronderwysinstelling op die ouderdom van 35 aangesluit. Sy het aanvanklik vir drie modules (Finansiële Rekeningkunde, Kommersiële Bestuur en Belasting) ingeskryf.

Van der Meulen het by Middel & Vennote aangesluit ná haar BCom-graad om haar SAICA-internskap van drie jaar te voltooi. “Ná trou en kinders kry, het ek dit nooit voltooi nie. Ek egter besluit om klaar te maak waarmee ek begin het,” vertel Van der Meulen.

Sy is later in kennis gestel dat hierdie internskap verouderd is en dat haar een en ʼn halwe jaar se SAICA-internskap sal wegval. ʼn Jaar later het Akademia hul nagraadse kwalifikasies bekendgestel en sy het aansoek gedoen vir die Nagraadse Diploma in Belasting. Dus het haar reis by Akademia begin.

“Ek voel ek het vir baie jare gestagneer op die studieveld, maar ek het besluit om op te maak en aan te pak wat ek nog altyd wou. Akademia het my die geleentheid gebied en ek het dit met albei hande aangegryp!” noem sy.

Van der Meulen werk voltyds as ʼn rekenmeester en belastingpraktisyn onder SAIPA-klerkskap en sy het twee kinders. Sy beaam dat nauurse studies uitdagend kan wees as mens ʼn voltydse werk het, maar dat daar ook ʼn geweldige beloning daarin lê. “Deur verantwoordelikheid te neem vir die opdoen van jou eie kennis, vat jy verantwoordelikheid vir jou eie toekoms,” vertel sy.

Die raad wat Van der Meulen vir studente bied wat werk en studeer is om tyd wys te bestuur en te leer om te prioritiseer. Sy meen dat elke aspek van haar lewe geprioritiseer moet word ten einde balans te handhaaf. “Raak ook gewoond aan die idee dat jy nie almal tevrede kan stel nie, maar gee elke dag die beste weergawe van jouself. As jy nie bereid is om jou beste te gee in dit wat jy aanpak nie, is jy gedoem nog voor jy begin het,” sê sy.

Van der Meulen vertel dat sy die klasse by Akademia geniet. “Dit is ʼn voorreg om in Afrikaans te kan leer. Waardeer jou dosente se moeite en geniet die interaksie met hulle en jou medestudente,” sê sy. “Aanlyn kontaksessies laat aande is gerieflik en laat my toe om as ma en voltydse werknemer te kan studeer en my ander verpligtinge na te kom,” sê sy.

Van der Meulen vertel verder dat Akademia se e-leeropsie dit moontlik maak vir mense wat reeds werk maar steeds ʼn gehalte kwalifikasie wil bekom. Van der Meulen beoog om teen einde van vanjaar haar Nagraadse Diploma in Belasting te voltooi by Akademia, sowel as haar SAIPA-internskap en eksamen. Ons wens haar alle voorspoed toe met haar loopbaanpad en sien uit om in haar suksesse te deel.

Indien jy daaraan dink om jou studies verder te neem en jou loopbaanreis te bevorder, besoek gerus www.akademia.ac.za. Akademia se studieaansoeke vir 2023 is reeds oop. Akademia – jou loopbaanreis begin hier!

Chantelle van der Meulen, ʼn student wat besig is met haar Nagraadse Diploma in Belasting by Akademia, noem dat die instelling haar met ope arms ontvang het.