L-E-E-S!

Die L-E-E-S!-projek is daarop gefokus om leesvaardighede en taalbegrip onder skoolleerders te bevorder met die doel om leerders se taalvaardighede vir universiteitsvlak te slyp. Die projek vind plaas in die groot Afrikaans 100-eeufeesjaar – juis om Afrikaans as onderrigtaal te bevorder. Die projek gebruik verskeie aktiwiteite en hulpbronne om ʼn omvattende leerervaring te bied.

Kompetisies

Akademia bied kompetisies in samewerking met verskeie instellings aan vir leerders om hul taal- en leesbegrip te bevorder.

Idiomekompetisie | Idiomepret

Die doel van Podiumpret is om leerders se kennis van idiome en hul betekenis te versterk deur middel van ʼn opwindende kompetisie. Leerders kan voorberei deur die Podiumpret-bordspeletjie te speel wat idiome op ʼn speelse wyse bekendstel en Afrikaans as taal bevorder. Die kompetisie help leerders om taalvaardigheid en -begrip in Afrikaans te ontwikkel, terwyl dit terselfdertyd taalpret aanmoedig en bydra tot hul liefde vir die taal.

Koop die speletjie HIER aan

Hoe word die ouderdomme verdeel:

  1. Laerskool: Graad 6-7

  2. Hoërskool: Graad 10-11

Klik HIER vir datums

Vir meer inligting kontak vir Carolina van der Westhuizen op 083 415 9083 of klik HIER

Die doel van UitklopSpel is om taal- en begripvaardighede by leerders te bevorder deur ʼn spelkompetisie by verskeie skole, wat oor nege provinsies strek, aan te bied.

Klik HIER vir datums

Kontak vir Nellie de Beer op 082 819 5923 of stuur ’n e-pos na nelliedebeer1@gmail.com vir meer inligting.

Die doel van die debatskompetisie is om leerders die geleentheid te gee om aan debatvoering deel te neem. Die debatskompetisie fokus daarop om Afrikaans onder hoërskoolleerlinge te bevorder, goeie kommunikasievaardighede te kweek en om die jeug van vandag aan te moedig om ingelig te wees oor aktuele sake.

Klik HIER vir meer inligting.

Klik HIER vir datums

Die nasionale interskole redenaarsliga het sedert 2012 gegroei tot een van die grootste en mees gesogte nasionale kompetisies in sy veld. Die provinsiale ronde vir Gauteng (Boksburg- en Pretoria-streek), sowel as die Noordwesprovinsie, vind in persoon plaas en provinsiale uitdunne vir alle ander provinsies, vind regstreeks per WhatsApp-video-oproep plaas. Die nasionale ronde vir alle provinsies, vind in persoon plaas te Wits-universiteit.

Klik HIER vir datums

Inligting by die VivA- aanlyn taalkompetisie:  Sal so gou as moontlik deurgee word.

Vennote

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.