Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Onderskei jouself met ʼn nagraadse diploma in Belasting of Bestuursrekeningkunde

Gepubliseer op: 3 Oktober 2022

Het jy onlangs jou BCom-graad voltooi en ontdek dat jy ʼn passie vir bestuursrekeningkunde of belasting het? Akademia bied nagraadse diplomas in onderskeidelik Bestuursrekeningkunde en Belasting aan vir afgestudeerdes wat in een van hierdie twee rigtings verder wil spesialiseer. Die doel van dié nagraadse diplomas is om studente voor te berei as bestuursrekenmeesters of belastingkenners in die werksplek. Beide hierdie kwalifikasies word op Akademia se nauurse afstandsmodel aangebied. Studente wat op hierdie model studeer, het ʼn keuse om vir klasbywoning by ʼn nabygeleë studiesentrum aan te sluit, of om bloot via ʼn e-leeropsie vanaf enige plek in die wêreld te studeer. Dit beteken dat jy gemaklik studies kan aanpak terwyl jy werk of ander drome najaag.

Kom vind meer uit oor hierdie nagraadse diplomas by ʼn aanlyn inligtingsessie wat op 8 Oktober vanaf 10:00 via Microsoft Teams gehou word. Hierdie kort en kragtige inligtingsessie se program sal vir jou ʼn kort oorsig van Akademia bied, asook belangrike inligting verskaf oor beide van die bogenoemde kwalifikasies. Daar sal ook ʼn gedeelte van die sessie toegeken word aan vrae en antwoorde om sodoende enige kwelvrae uit die weg te ruim sodat jy met ʼn geruste hart ʼn ingeligte besluit kan neem. Indien jy belangstel om hierdie sessie by te woon, bespreek gerus jou virtuele sitplek hier om toegang tot die sessie te verkry. Studieaansoeke vir 2023 is reeds oop. Akademia, jou Afrikaanse studietuiste!

Akademia bied op Saterdag 8 Oktober ʼn aanlyn inligtingsessie aan oor die nagraadse diplomas in onderskeidelik Belasting en Bestuursrekeningkunde.