Search
Close this search box.

Tien wenke om jou studies in die tweede semester te vergemaklik

Geskryf deur Marisha Hermann, Fontiepos-joernalis

So breek die tweede semester aan! Hier volg tien wenke aan enige Fontie wat jou studies sal vergemaklik:

  1. Kry vir jou toepassings, oftewel apps, waar jy twee keer kan seker maak oor spelling in jou e-posse of opdragte. Die VivA-app kan goed werk.
  2. Hou jou vorige jare se notas aangesien jy dit dalk in jou opdragte kan benodig.
  3. Terwyl jy jou opdrag doen, skryf dadelik jou bronverwysings neer. Moenie ná die tyd jou inteksverwysings probeer insit nie. Jy gaan sukkel!
  4. Gee vir jouself genoeg tyd om jou opdragte te doen. Voldoen aan die vereistes presies soos jou dosent gegee het, en handig jou opdrag betyds in.
  5. Maak gebruik van jou dosent se hulp tydens kontaksessies. Vra as jy onseker is – dalk is iemand anders ook.
  6. Moenie gewoond raak aan die pas nie. Dis ʼn groot sprong van eerste-, na tweede-, na derdejaar.
  7. E-pos jou opdrag vir jouself elke keer as jy ʼn weergawe klaar geskryf het. Dit kan gebeur dat jou opdrag nie reg stoor nie, of jou rekenaar breek. Wolkstoormetodes soos Google Drive en OneDrive is ook baie nuttig.
  8. Moet nooit jou opdrag vir iemand gee om te doen nie. Nie eers vir iemand wat nie dieselfde modules as jy het nie. Pas ook op om vorige jare se opdragte in te handig – die dosente kan sien of dit jou werk is of nie.
  9. Moenie jou werk aan enige iemand aanstuur nie. Nie eers as iemand net ʼn voorbeeld soek nie.
  10. Doen altyd jou beste met dit wat jy het, en stel vir jouself redelike doelwitte.
Fonties kan hul tweede semester aanpak met ʼn gereedskapskas vol wenke!

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.