LET WEL: SLEGS AANSOEKE WAT MET DIE KORREKTE DOKUMENTASIE INGEDIEN IS SAL VERWERK WORD.
Studieaansoeke vir 2026
Studieaansoeke vir 2026 open 1 April 2025
Sluitingsdatums vir 2026-aansoeke
BAHons (Media en Kommunikasie): 31 Oktober 2025
Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys): 14 November 2025 (voltydse studie) en 15 Desember 2025 (deeltydse studie)
BComHons (Ondernemingsbestuur): 7 Januarie 2026
Kredietaansoeke: 9 Januarie 2026
Niegraaddoeleindes: 9 Januarie 2026
Alle voorgraadse programme: 30 Januarie 2026
Alle hoër sertifikate en nagraadse diplomas: 30 Januarie 2026
Gevorderde Diploma in Projekbestuur: 30 Januarie 2026
Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur: 30 Januarie 2026
LLM: 30 Januarie 2026
VIR JOU AANSOEK BENODIG JY DIE VOLGENDE:
Jongste graad 12-punte (skoolleerders) of gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies (indien van toepassing)
Gesertifiseerde afskrif van ID
ʼn Volledige CV (persone wat reeds werk)
Gesertifiseerde afskrif van huweliksertifikaat (indien aansoeker se van nie ooreenstem met ID-dokument nie)
Twintig (20) minute om die aansoek aanlyn te voltooi
Die aansoekfooi ten bedrae van R500
*Alle gesertifiseerde dokument mag nie ouer as drie (3) maande wees nie.
Akademia, ʼn inisiatief van die Solidariteit Beweging, het ten doel om die kulturele en wetenskaplike voordele wat akademiese opleiding inhou binne die Afrikaanssprekende gemeenskap se bereik te bring.
’n Student wat reeds vir ʼn kwalifikasie by ʼn ander hoëronderwysinstelling ingeskryf was en van die modules geslaag het, mag moontlik vir akademiese krediete kwalifiseer. Dit beteken dat, sou die akademiese krediete wel toegestaan word, die student vrystelling van die soortgelyke modules by Akademia kry.
Akademia is ʼn niewinsgewende hoëronderwysinstelling en bied daarom nie studiebeurse of -studielenings aan nie. Studente wat oor onvoldoende fondse beskik kan tydens die studieaansoekproses van Akademia aandui of hulle vir finansieringsopsies wil aansoek doen. Meer inligting sal per e-pos gestuur word.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.