Kampusopedag op 10 en 11 Mei is in

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Wiechers se akademiese bydrae herdenk

Gepubliseer op: 12 September 2018

Akademia het met groot hartseer kennis geneem van die afsterwe van emeritus professor Marinus Wiechers. Prof Wiechers was vir jare lid van Akademia se Adviesraad, ʼn forum wat bestaan uit hoëronderwyskundiges – insluitende ʼn hele aantal voormalige rektore van voormalige Afrikaanse universiteite. Prof Wiechers se bydrae tot hierdie forum was van onskatbare waarde. Hy het sy standpunte altyd met die nodige sensitiwiteit en respek, maar tog selfgeldend, gestel.

Miskien was een van sy karakterkenmerke wat my sal bybly, die feit dat hy homself kon hernuwe vir die eise van die tyd. So moes hy as rektor van Unisa groot kopskuiwe maak met die veranderinge wat hy in die vroeë 90’s bestuur het. Hy beskryf hierdie tyd in ʼn artikel vir LitNet (lees dit hier).

Na afloop van die kampusopstande wat in 2015 afgeskop het, maak hy weer ʼn groot kopskuif deur aan te dui dat die enigste toekoms vir Afrikaans op universiteit in privaatinisiatief lê. Hy steun Akademia sedertien openlik en raak ook betrokke deur sy kundigheid en ervaring op die Akademia Adviesraad in te ploeg. Mag Akademia se sukses ook ʼn monument wees van sy bydrae tot die Afrikaanse gemeenskap.

Foto: AfriForum