Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Versnelde ontwikkelingsplan vir Akademia

Gepubliseer op: 7 Maart 2016

Akademia betree in 2016 sy vyfde akademiese jaar. Ons doen dit op ‘n nuwe perseel, met toegewyde personeel en reeds meer as 400 studente in etlike graad- en ander programme. Wat lê voor? ‘n Versnelde ontwikkelingsplan.

Vir Akademia om sy plek in die internasionale akademie vol te staan is ‘n groot onderneming. Ons kan dit slegs doen met die ondersteuning van die Afrikaanse gemeenskap. Daarom maak Akademia hier meer oor ons toekomsplanne en hoe mense daartoe kan bydra bekend.

Waar staan Akademia in 2016?

  1. Studente: Meer as 400 studente
  2. 25 Voltydse personeel
  3. 7 Studiesentrums landswyd
  4. Klasse word na-ure aangebied
  5. ‘n Nuwe perseel in Centurion
  6. 2 Graadprogramme (BCom Ondernemingsbestuur; BCom Bestuursrekeningkunde)
  7. Verskeie diploma- en hoërsertifikaatprogramme
  8. ‘n Aandklasmodel by verspreide studiesentrums
  9. Aan die voorpunt van onderwystegnologie

Wat beplan Akademia vir 2017?

  1. Studentegetalle groei vanaf 400 na 700.
  2. Studiesentrums vermeerder van 7 tot 15
  3. Verskeie nuwe grade en ander programme kom by
    • BCom Ekonomie en Regte
    • Wag tans vir akkreditasie-uitslag van BCom Finansiële Beplanning
    • Wag tans vir akkreditasie-uitslag van BRek
    • Verpleegkunde, besig met akkreditasieproses
    • Kortkursusse ter ondersteuning van professionele beroepe
  4. Verskeie personeeluitbreidings
  5. Entrepreneurskool
  6. Eerste oorsese reise vir ons Elite-beursprogramstudente
  7. Bou ‘n groot en moderne ouditorium en stel dit aan die gemeenskap beskikbaar

Nege planne op weg na 2020

  1. Studentegroei: Ongeveer 2000 studente
  2. Geografiese groei: meer studiesentrums op meer plekke
  3. Onderrigmodel: Bied dagklasse sowel as aandklasse aan; en ondersoek op-kampusmodel naas die studiesentrummodel
  4. Programme: konsolideer Handelswetenskappe-programme; ontwikkel nuwe grade in Regte, Gesondheidswetenskappe, Geesteswetenskappe en selfs Natuurwetenskappe
  5. Akademiese vennootskappe: soek vennootskappe plaaslik, in Afrika en elders internasionaal op vir versnelde programontwikkeling en akademiese samewerking
  6. Gemeenskapsvennootskappe: knoop hegte bande aan met Afrikaanse gemeenskapsorganisasies en goedgesinde sake-ondernemings
  7. Verkrygings: ondersoek verkrygingsmoontlikhede vir versnelde program- en ander ontwikkeling
  8. Ondersteun plaaslike tale: verleen verdere bystand aan onderwysorganisasies wat tersiêre moedertaalonderrig in ander tale bevorder
  9. Ondersoek internasionale akkreditasiemoontlikhede

Hoe kan u help?

Akademia is so sterk soos die ondersteuning uit sy gemeenskap. Ons wil ‘n bate vir ons gemeenskap wees en met u vertroue en hulp kan ons dit doen. Die afgelope tyd ervaar ons ‘n groot toename in navrae oor hoe mense Akademia kan ondersteun. Daarom neem ons vrymoedigheid om die volgende aan te dui:

  1. Eenmalinge skenkings:
    Vir belastingaftrekbare skenkings aan Akademia, vir studiehulp aan studente, of eenmalige skenkings van ‘n ander aard, kontak donasies@akademia.ac.za.
  2. Gereelde bydraes:
    Lede van Solidariteit se Boufonds kan ‘n gereelde, belastingaftrekbare bydrae tot Akademia lewer. Vir navrae, kontak ook donasies@akademia.ac.za.
  3. Vra ‘n Virseker-kwotasie:
    Vra vir ‘n Virseker-kwotasie vir u korttermynversekeringsbehoeftes en spaar nie dalk net op premies nie, maar ontvang u diens in Afrikaans en weet dat ‘n deel van die opbrengs na Akademia gaan.
  4. Breek ‘n lansie:
    Moedig gerus u netwerke, vriende en familie aan om Akademia as studiebestemming te oorweeg, of aan ons te dink vir ‘n finansiële of ander bydrae.
  5. Ander hulp:
    As u of u organisasie op ‘n ander wyse ‘n bydrae wil lewer, kontak ons gerus by navrae@akademia.ac.za.