Search
Close this search box.

Leefstyloudits kan help om korrupsie te bekamp – Akademia-kenner

Leefstyloudits kan help om korrupsie te bekamp – Akademia-kenner Gepubliseer op: 28 Oktober 2024 Geskryf deur Mariska Wannenburg, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia. Kabinetslede asook lede van die onderskeie provinsiale regeringstrukture word gereeld aan leefstyloudits onderwerp wat tot groot openbare bespiegeling aanleiding gee. Méér nog toe dit onlangs bekend gemaak is […]

Aanlyn inligtingsessie fokus op nagraadse diplomastudie in 2025

Aanlyn inligtingsessie fokus op nagraadse diplomastudie in 2025 Gepubliseer op: 22 Oktober 2024 In vandag se snelveranderende werksomgewing kan ʼn nagraadse diploma deurslaggewend wees vir diegene wat hul loopbaantrajek wil bespoedig én/of hul kundigheid wil verbeter. Die realiteit is dat verskeie industrieë toenemend na diesulke gespesialiseerde kenniswerkers soek wat hulself by wyse van voortgesette opleidiing […]

Akademia is bedrywig in die Wes-Kaap

Akademia is bedrywig in die Wes-Kaap Gepubliseer op: 22 Oktober 2024 Akademia se gebeurlikheidskalender vir die Wes-Kaap is propvol en daar heers groot opgewondenheid oor elkeen van hierdie gebeurlikhede, veral in die lig van die instelling se voorgenome uitbreiding na dié streek. Dié aankondiging is vroeër vanjaar gemaak, en daar word sedertdien hard aan die […]

Dink, doen en lééf soos ʼn entrepreneur

Dink, doen en lééf soos ʼn entrepreneur Gepubliseer op: 16 Oktober 2024 Geskryf deur Mareli Swanepoel, bestuurder: Institusionele projekte en ondernemings by Akademia Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! Hierdie bekende woorde van die digter C. Louis Leipoldt vul my altyd met ʼn sin van verwondering. Ons bevind onsself midde in ʼn […]

Akademia-taalsentrum en VivA kondig samewerkingsooreenkoms aan

Akademia-taalsentrum en VivA kondig samewerkingsooreenkoms aan Gepubliseer op: 16 Oktober 2024 Akademia en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het op Woensdag 16 Oktober 2024 tydens ʼn geleentheid in Centurion die nuus bekendgemaak dat dié twee instellings voortaan in ʼn dinamiese samewerkingsooreenkoms met mekaar sal tree ten einde die hoëordefunksies van Afrikaans te bevorder. Luidens […]

ʼn Kykie deur die venster van die veranderende werkswêreld – Akademia-kundige

ʼn Kykie deur die venster van die veranderende werkswêreld – Akademia-kundige Gepubliseer op: 16 Oktober 2024 Daar is geen twyfel daaraan dat die wêreld van werk teen ʼn snelle pas verander nie, en baie anders daarna uitsien as tien of selfs vyf jaar gelede. Aspekte soos digitale ontwrigting, hibriede werksmodelle, kunsmatige intelligensie (KI) en generasionele […]

Akademia-driekuns vir die Kriel-trio van Pretoria

Akademia-driekuns vir die Kriel-trio van Pretoria Gepubliseer op: 16 Oktober 2024 Om sáám te groei en die toekoms hoopvol tegemoet te stap is nie net Akademia se roepingstaak nie, maar ook die goue draad wat deur die lewe van die Kriel-gesin van Pretoria loop. Laasgenoemde word beaam deur die feit dat ma Mariana, dogter Nikkie […]

Ongelukkigheidsverlof: Twee kante van die welstandsmuntstuk

Ongelukkigheidsverlof: Twee kante van die welstandsmuntstuk Gepubliseer op: 16 Oktober 2024 Die aankondiging deur ʼn Chinese supermarkgroep dat hy voortaan tien dae se ongelukkigheidsverlof per jaar aan sy meer as 7 000 werknemers gaan toestaan maak wêreldwyd opslae. Boonop meen die stigter en uitvoerende hoof van dié groep, Yu Donglai, dat sy werkers hierdie verlof kan […]

Matrikulant: Benader jou Fisiese Wetenskapsvraestel só

Matrikulant: Benader jou Fisiese Wetenskapsvraestel só Gepubliseer op: 15 Oktober 2024 Is jy ʼn matrikulant wat besig is om voor te berei vir die eksamen? Dié belangrike eksamentydperk begin op Maandag 21 Oktober 2024 met die skryf van die eerste Engels-vraestel, en loop ten einde op Donderdag 28 November met ʼn praktiese sessie vir Rekenaartoepassingstegnologie […]

Akademia-alumnikomitee: Oud-Fonties vat voor as ambassadeurs

Akademia-alumnikomitee: Oud-Fonties vat voor as ambassadeurs Gepubliseer op: 11 Oktober 2024 By Akademia is studentwees méér as net jou studie. Dit is ʼn bruisende lewensfase waar jy tuis voel, lewenslange vriendskappe en netwerke vorm, pret ervaar, én roepingsgedrewe aan ʼn vrye toekoms bou. Gedagtig hieraan streef die instelling daarna om doelgerig en voortdurend sy verbondenheid […]

Deur die vergrotingslens van die mikroskoop – só word jong wetenskaplikes geprikkel

Deur die vergrotingslens van die mikroskoop – só word jong wetenskaplikes geprikkel Gepubliseer op: 8 Oktober 2024 Die Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia het in Augustus vanjaar sy eerste besending mikroskope in ontvangs geneem. Dié mikroskope, as belangrike wetenskapsonderwysinstrumente, sal voortaan gebruik word om studente-onderwysers in die Natuur- en Fisiesewetenskapsvelde vir die praktyk voor te berei. […]

Sakeplankompetisie 2024: Broers beïndruk met hul smaakvolle avo(n)tuur!

Sakeplankompetisie 2024: Broers beïndruk met hul smaakvolle avo(n)tuur! Gepubliseer op: 4 Oktober 2024 Akademia het op Vrydag 4 Oktober 2024 die wenner van die gewilde BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie tydens ʼn geleentheid by die Leriba-kampus aangewys. Die wenners is Louis en Willem Albertyn met hul besigheid Avo Guy. Vanjaar se topsakeplanne is vanuit twintig mededingende inskrywings […]

Onderwyser, jy is en doen soveel méér – Akademia-kenner

Onderwyser, jy is en doen soveel méér – Akademia-kenner Gepubliseer op: 4 Oktober 2024 Geskryf deur dr. Chris-Mari Le Hanie, dosent verbonde aan die Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia. Op 5 Oktober 2024 word Onderwysersdag landswyd gevier. Op dié dag val die kollig opnuut op onderwysers, hul rol en die waarde wat hulle tot die vorming […]

Aanlyn inligtingsessie fokus op Akademia se NGOS-program

Aanlyn inligtingsessie fokus op Akademia se NGOS-program Gepubliseer op: 2 Oktober 2024 Oktober is Onderwysermaand in Suid-Afrika. Gedurende dié maand word daar nie net erkenning gegee aan die toekomswerk waarmee onderwyslui hulself besig nie, maar daar word ook gefokus op die professionele voorbereiding van onderwysers. Akademia bied reeds vanaf 2021 die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- […]

Prof. Danie Goosen vereer vir uitnemende taal- en kultuurpionierswerk

Prof. Danie Goosen vereer vir uitnemende taal- en kultuurpionierswerk Gepubliseer op: 1 Oktober 2024 Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se jaarlikse prestige-aand vind vanjaar op Vrydag 1 November 2024 plaas. Tydens hierdie uitnemendheidsviering sal verskeie individue vir hul verbondenheid en pionierswerk in onder meer die plaaslike kunsbedryf, die media asook die Afrikaanse taal- en […]