Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Sentrumopedag in George

Akademia-sentrum, Joubert-plaza, George

DATUM

14 Oktober 2023

TYD

10:00-13:00

Voltooi ʼn gehalte kwalifikasie in jou moedertaal, voltyds in Centurion of nauurs in George.

Woon Akademia se sentrumopedag oor studiemoontlikhede in 2024 by!

Akademia bied vele opsies vir voltydse of nauurse studies. Kom vind meer uit oor die verskillende onderrigmodelle en programme by ons sentrumopedag.

Besoekers is welkom om enige tyd tussen 10:00 en 13:00 op Saterdag 14 Oktober by die sentrum te kom kuier. Studente en personeel staan gereed om vrae te beantwoord.

Daar is geen vaste program vir die sentrumopedag nie. Kom kuier lekker saam!

Hoe werk die registrasieproses vir die opedag?
  • Registreer asb. vooraf sodat ons ʼn aanduiding het van die hoeveelheid besoekers om te verwag.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul en klik dan op ‘Bespreek’.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
Meer oor Akademia se onderrigleermodelle

Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel, sowel as die voltydse kampusmodel is op die webblad beskikbaar.

Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE