Gepubliseer op: 21 Augustus 2025
Entrepreneurskapskoors loop hoog onder deelnemers van vanjaar se Akademia-sakeplankompetisie. Die topdriedeelnemers in dié opwindende inisiatief vanuit die instelling se BCom (Ondernemingsbestuur)-program is op Maandag 18 Augustus 2025 aangewys. Hierdie entrepreneurs, wat Fonties* en lede van die publiek insluit, sal op 28 Augustus mekaar die stryd aansê in die finale ronde in Centurion wanneer hul onderskeie sakeplanne aan ʼn paneel kundiges voorgelê sal word.
Vanjaar se kompetisie word oor drie kategorieë beslis, en die topdriedeelnemers in elke kategorie sien soos volg daaruit:
Kategorie een | Akademia-studente met ʼn nuwe ondernemingsdroom of -konsep wat nog nie in die bedryfsfase is nie
Kategorie twee | Akademia-studente wat reeds ʼn bestaande onderneming bedryf met ʼn bestaansgeskiedenis van tussen een en vier jaar
Kategorie drie | Lede van die publiek wat reeds ʼn gevestigde besigheid vir die afgelope een tot drie jaar bedryf
Die doel van die kompetisie is om, gedagtig aan die instelling se vormingsideaal, praktiese uitvoering te gee aan die ontwikkeling van deelnemers se denke én hart wat die hedendaagse besigheidsmilieu betref. Binne hierdie roepingstaak, vind deelnemers baat by akademiese en praktiese mentorskap deur kundige akademici en bewese entrepreneurs. Nóg ʼn gróót trekpleister van dié kompetisie, wat reeds met groot sukses vanaf 2018 suksesvol aangebied word, is die waardevolle netwerkgeleenthede wat dit aan deelnemers bied.
ʼn Bewese en kundige beoordelaarspaneel
Vanjaar se beoordelaarspaneel bestaan uit vyf topbesigheidslui wat self ook as entrepreneurs in eie reg sukses ervaar. Die beoordelaars is:
Van Wyk is ʼn 32-jarige Suid-Afrikaanse entrepreneur, eiendomsbelegger, selfgemaakte miljoenêr, gekwalifiseerde industriële ingenieur en topverkoperskrywer. Sy grootste passie is sy teruggeeprojek: Maak My ʼn Miljoenêr, waar hy as ʼn mentor vir jong entrepreneurs dien.
Burger is die stigter van JTB Consulting (2006) en BestFinancialModels.com (2024), beide toonaangewende adviesmaatskappye wat spesialiseer in sakebeplanning, finansiële modellering, maatskappywaardasies en beleggingsgereedheid.
Krog is die stigter van Craft Braai, ʼn suksesvolle onderneming wat in 2020 gedurende die Covid-19-pandemie ontstaan het. Ná hierdie besigheidsukses het hy ʼn tweede onderneming, LEM© Multitools op die been gebring.
Cilliers is ʼn tweede generasie sakevrou, toegelate advokaat en die besturende direkteur van Legend Hospitality Group. Laasgenoemde bestuur wêreldklas persele in Suid-Afrika en Mosambiek, insluitend die bekende Legend Golf & Safari Resort en die Legend Hospitality School & Academy.
Lubbe is ʼn passievolle entrepreneur wat sy tyd en energie toewy aan projekte waarin hy glo en wat, volgens hom, die potensiaal het om die wêreld fundamenteel te verbeter. As entrepreneur floreer Lubbe in uitdagende en komplekse omgewings, hetsy op persoonlike of professionele vlak.
Entrepreneurs as die kampioene van gemeenskapsgroei
Volgens dr. Rachel Maritz, dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, speel dié kompetisie ʼn impakvolle rol, nie nét wat die uitbouing van die plaaslike besigheidsektor betref nie, maar ook in terme van veerkragtige gemeenskappe.
Maritz voeg by dat entrepreneurs as werkskeppers na vore tree as aktiewe kampioene van groei en só waardegedrewe, toegewyd en op ʼn kreatiewe manier daarop fokus om ʼn betekenisvolle verskil in hul onderskeie gemeenskappe te bewerk. Sy wens die topdriedeelnemers in elke kategorie die beste toe vir die komende finaal.
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.