Search
Close this search box.

PERSONEEL

Akademia het uitnemende en roepinggedrewe personeel wat bydra tot ’n leerervaring van wêreldgehalte.

DEKAAN

Prof. Gawie du Toit

Prof. Gawie du Toit

PhD (Didaktiek)
Waarnemende dekaan: 
Fakulteit Natuurwetenskappe

Prof. Gawie du Toit het sy kwalifikasies, onder andere ʼn hoëronderwysdiploma, MSc-graad in Wiskunde en ʼn doktorsgraad in Didaktiek by die Universiteit van Vrystaat (UV) voltooi. Hy betree die hoër onderwys in 1987 as senior navorser in die destydse Navorsingsinstituut vir Onderwysbeplanning by dieselfde universiteit. In 1997 is hy aangestel as departementshoof van die Departement Didaktiek (later bekend as Kurrikulumstudie) in die Fakulteit Opvoedkunde aan die UV. Hy het ook die pos Programdirekteur: Voorgraadse programme van 2010-2013 beklee.

Op 1 November 2013 is hy vir drie jaar gesekondeer om die BEd (Seniorfase en Verdere Onderwys en Opleiding)-program wat hy aan die UV ontwikkel het aan die nuutgestigte Sol Plaatje Universiteit (SPU) te implementeer. Sedert 2016 is hy voltyds by die SPU aangestel as Hoof: Skool vir Opvoedkunde. Sy navorsingsfokus is op wiskunde-onderwys en kurrikulumontwikkeling gerig. Sedert sy toetrede tot die Fakulteit Opvoedkunde in 1997 het hy tien artikels en vyf hoofstukke in akademiese boeke gelewer. Onder sy leiding het 22 meestergraadstudente en dertien doktorale studente hulle studies suksesvol voltooi.

Du Toit was ook betrokke by verskeie navorsingprojekte saam met die Katolieke Universiteit van Leuven in België en die Universiteit van Alberta in Edmonton, Kanada. Verder was hy ook administrateur van verskeie bestuursopleidingseminare vir onderwysleiers in die Vrystaat.

Sedert 1 Maart 2019 is du Toit die dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde.

Departement Rekenaarwetenskappe

Dr. Piet Pretorius

Dr. Piet Pretorius

DBL (Bedryfsleiding)
Dosent:
Rekenaarwetenskappe

Waarnemende departementshoof:
(Rekenaarwetenskappe)

Programkoördineerder: 
BSc (Rekenaarwetenskappe)

Dr. Piet Pretorius is ʼn dosent in Rekenaarwetenskap en ook programkoördineerder van Rekenaarwetenskappe by Akademia. Hy het ʼn BSc-graad in Rekenaarwetenskap asook ʼn meesters- en doktorsgraad in Bedryfsleiding aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Pretorius se navorsingfokus is die gebruik van inligting en verwante tegnologieë deur organisasies in Suid-Afrika, met die klem op die volgende dekade. Hy praktiseer al vir langer as vier dekades as rekenaarwetenskaplike. Hy het voorheen op ʼn deeltydse basis by verskeie universiteite Inligtingtegnologie gedoseer, mees onlangs by die Noordwes-Universiteit se Sakeskool.

Jaco du Toit

Dr. Jaco du Toit

Dosent:
Rekenaarwetenskappe

Dr. Jaco du Toit is ʼn dosent in Rekenaarwetenskappe by Akademia en het ʼn doktorsgraad in Rekenaarwetenskappe, asook honneurs- en meestersgrade in hierdie dissipline aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) verwerf. Du Toit se navorsingsfokus is kubersekerheid. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Intelligent Computing. Hy het twintig jaar as rekenaarkonsultant gepraktiseer. Hy doseer tans die volgende modules: Rekenaarorganisasie, Bedryfstelsel, Inleiding tot Sekuriteit en Sagteware-argitektuur.

Christo Croucamp

Christo Croucamp

BScHons (Rekenaarwetenskap en Inligtingstegnologie)
Junior dosent:
Rekenaarwetenskappe

Christo Croucamp is ʼn dosent in die vakgebied Rekenaarwetenskappe by Akademia en het ʼn BSc-graad in Inligtingstegnologie (cum laude) asook ʼn honneursgraad in Rekenaarwetenskap en Inligtingstegnologie aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Hy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in kuberveiligheidsbewustheid. Croucamp se navorsingsfokus is kuberveiligheid en opvoedkundige/ernstige speletjies. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn konferensieartikel en voordrag met die titel ‘Promoting cybersecurity awareness utilizing a build your own adventure serious game’ by die 19th International Conference on Applied Computing (AC 2022). Hy het een jaar ervaring as dosent in besluitsteunstelsels by die NWU.

Tina van Niekerk

Tina van Niekerk

BScHons (Rekenaarwetenskap en Inligtingstegnologie)
Junior dosent:
Rekenaarwetenskappe

Tina van Niekerk is ʼn dosent in vakgebied Rekenaarwetenskappe by Akademia en het ʼn BSc-graad in Inligtingstegnologie asook ʼn honneursgraad in Rekenaarwetenskappe en Inligtingstegnologie aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Sy is tans besig met ʼn meestersgraad in rekenaarwetenskappe. Van Niekerk se navorsingsfokus is in kuberveiligheid – voor, tydens en ná die Covid-19-pandemie. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn konferensieartikel “The COVID-19 pandemic’s impact on work dynamics in IT Software Development Organisations in South Africa, based on Organisational Size and Managerial Levels” by The 2023 WEI International Academic Conference Proceedings in Barcelona, Spanje. Sy het vir ʼn jaar as ʼn projekbestuurder by die NWU gewerk waar sy vier interne projekte bestuur het.

Departement Wiskundige Wetenskappe

Leonie Mostert

MSc (Wiskunde)

Waarnemende departementshoof: Wiskundige Wetenskappe

Programkoördineerder:
BSc (Wiskundige Wetenskappe)

Leonie Mostert is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn MSc-graad in Wiskunde (cum laude) asook ʼn BSc (cum laude) en BSc-honneurs (cum laude) in hierdie dissipline aan die PU vir CHO (tans Noordwes-Universiteit) verwerf. Sy het Wiskunde doseer by die Universiteit van Pretoria vanaf 1988 tot en met Junie 2022. 

Adiél Holtzhausen

MSc (Fisika)
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe

Adiel Holtzhausen is ʼn dosent in Toegepaste Wiskunde by Akademia en het ʼn BSc-graad in Fisika asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in skoon en groen energie. Holtzhausen se navorsingsfokus is semikonduktor- en sonselfisika. Akademiese toekennings sluit in die beste meestersplakkaat in toegepaste fisika by die Suid-Afrikaanse Instituut van Fisika (2021). Verder is sy betrokke by die Vroue in Fisika-vereniging (WiPiSA) asook by Afrika Insluitende Mikroskopie (African Inclusive Microscopy).

Elsabe´ Weyer

Elsabé Weyer

MSc (Wiskunde-onderwys)
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe

Elsabe Weyer is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn BSc-graad in Sielkunde en Statistiek asook ʼn honneurs- en meestersgraad in Wiskunde-onderrig aan die Noordwes-Universiteit (NWU) verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in laasgenoemde dissipline. Weyer se navorsingsfokus is wiskundeonderrig van calculus-eerstejaarstudente. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn konferensieartikel en ʼn referaat getiteld, “The Mathematical Beliefs of First-Year Calculus students at a university in South Africa” by Table Mountain DELTA 2023 (The 14th Southern Hemisphere Conference on the Teaching and Learning of Undergraduate Mathematics and Statistics) in Kaapstad (26 November tot 1 Desember 2023). Sy het negentien jaar as wiskundedosent by NWU, Potchefstroomkampus gepraktiseer en agt jaar as wiskundeonderwyser by verskeie sekondêre skole.

Dr. Frieda Theron

DSc (Wiskunde)
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe

Frieda Theron is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn BSc-graad in Wiskunde (cum laude) asook ʼn honneurs- en meestersgraad (cum laude) en ʼn DSc graad in hierdie dissipline, sowel as ʼn BA (Menslike Bewegingskunde) (Sportwetenskap) en ʼn hoëronderwysdiploma aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Theron se navorsingsfokus is Matriksteorie asook Moduulteorie. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Electronic Journal of Linear Algebra. Sy het ʼn totaal van meer as 40 jaar ondervinding as wiskundedosent aan verskeie universiteite en vier jaar as wiskundeonderwyser. 

Dr. Henri Moolman

DCom
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe

Dr. Henri Moolman is ʼn dosent in Wiskundige Statistiek by Akademia en het ʼn BCom-graad asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Stellenbosch (US) verwerf. Hy het ook ʼn meesters- en doktorsgraad aan die Universiteit KwaZulu-Natal (UKZN) en ʼn Diploma in Datametrie (Rekenaarstudies) aan die Universiteit van Suid Afrika (UNISA) verwerf. Hy is tans besig met navorsing in data-analise en statistiese konsultasie vir ʼn referaat in Australië. Moolman se navorsingsfokus is tydreekse, data-analise, optimering en die gebruik van statistiek in konsultasiewerk. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Current topics on Mathematics and Computer Science en ʼn referaat oor die gebruik van R en Excel in die onderrig van Statistiek en Data-analise by die IFCS 2022-konferensie in Porto, Portugal. Hy is ʼn geoktrooieerde lid van die Instituut van Gesertifiseerde en Geoktrooieerde Statistici van Suid-Afrika (IGGSSA) en ʼn lid van die Suid Afrikaanse Statistiese Vereniging (SASV). 

Dr. Machiel Snyman

PhD (Fisika)
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe

Dr. Machiel Snyman is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn PhD in Fisika asook ʼn MSc (cum laude) in Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Snyman se navorsingsfokus is Operator-algebras en die toepassing daarvan in Teoretiese Fisika. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Annales Henri Poincaré in samewerking met prof. Rocco Duvenhage (UP) oor balans in kwantum Markov semigroepe.

René Swanepoel

René Swanepoel

MSc (Wiskundige Statistiek)
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe

René Swanepoel is ʼn dosent in Wiskundige Wetenskappe by Akademia en het ʼn BSc-graad in Wiskundige Statistiek (cum laude) aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, asook ʼn honneurs- en meestersgraad (cum laude) in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria. Sy het vir sewentien jaar in die praktyk gewerk en het verskeie rolle tydens haar loopbaan beoefen, onder andere programmeerder by ʼn versekeringsmaatskappy en ook hoof van die data-analisspan in die kredietafdeling by African Bank. Tydens haar tyd in die bank het sy haar vaardighede toegespits op die ontwikkeling en optimering van kredietrisikomodelle vir die bank om die kredietrisikotellings van kliënte te bepaal. Sy het ʼn gesonde belangstelling in die ontwikkeling van kredietrisikomodelle deur middel van geoutomatiseerde kunsmatige intelligensie-tegnologie.

Corlé van der Walt

Corlé van der Walt

BScHons (Wiskunde en Toegepaste Wiskunde)
Junior dosent:
Wiskundige Wetenskappe

Corlé van der Walt is ʼn dosent in Wiskundige Wetenskappe by Akademia en het ʼn BIng-graad in Bedryfsingenieurswese (cum laude) aan die Noordwes-Universiteit verwerf asook ʼn honneursgraad in Wiskunde en Toegepaste Wiskunde (cum laude) aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in toegepaste wiskunde. Van der Walt se navorsingsfokus is optimering en dinamiese stelsels. Akademiese toekennings sluit in die volgende: Beste aanbieder by die jaarlikse Afrikaanse studentesimposium aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (2023). 

Michelle Michau

Michelle Michau

MSc (Wiskunde)
Junior dosent:
Wiskundige Wetenskappe

Michelle Michau is ʼn dosent in Wiskundige Wetenskappe by Akademia en het ʼn BSc-graad in Wiskundige Wetenskappe (cum laude) asook ʼn honneurs- en meestersgraad (cum laude) in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Haar mees onlangse werk is haar tesis – ʼn omvattende verkenning van die eienskappe van die Rado-grafiek. Akademiese toekennings sluit in die volgende: merietesertifikaat vir akademie namens die Studentegemeenskap van UP en lid van die Golden Key International Honour Society. Sy het drie jaar as onderwyser gewerk. 

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE