Paarl-kampustoere vir voornemende Fonties
DATUM
Saterdag 17 Oktober 2026
Dinsdag 3 November 2026
TYD
09:00 tot 11:30
14:00 tot 16:30
Is jy nuuskierig hoe voltydse studie in 2027 op die Paarl-kampus gaan lyk? Kom lê die fondasie vir jou 2027-studiereis met ʼn toer deur ons pragtige kampus.
Beleef hiér belangrike boustene van studentwees – die atmosfeer van ʼn akademiese tuiste, die hartlikheid van die personeel en Fonties, goeie koffie en ʼn blik op die koshuis- en studentelewe.
Let asb. daarop dat hierdie besoeke volgens tydgleuwe sal plaasvind en dat daar slegs beperkte plek per tydgleuf beskikbaar is.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE KAMPUSTOERE?
- Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die kampustoere te kry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul en klik dan op Bespreek.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE VOLTYDSE KAMPUSMODEL
Meer inligting oor die voltydse kampusmodel is op die webblad beskikbaar.
Kom vind meer uit oor die Paarl-kampus.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
