Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Nuwe personeel versterk Akademia se aanbod

Gepubliseer op: 23 November 2017

Akademia het in 2017 groot groei en voorspoed beleef en kon in die laaste vyf maande van die jaar alleen agt nuwe personeellede aanstel.

Vyf nuwe dosente is aangestel om Akademia se groeiende studentetal te bedien. Hulle is Astrid Helberg (Rekeningkunde), Chazanne Grobler (Regte), Victor Correira (Etiek), Henrike Putter (Regte) en Zhan Goosen (Projekbestuur). Jaco Viljoen is as sagtewareontwikkelaar aangestel, terwyl Elsabé Erasmus as webontwikkelaar en Zydelia Kleinhans as kommunikasiebeampte in diens tree.

Akademia is goed op dreef om die 1000-studente kerf vir 2018 verby te steek en is opgewonde oor die positiewe vooruitsigte wat 2018 inhou. Met twee nuwe studiesentrums in Port Elizabeth en Windhoek wat in 2018 by die bestaande elf gevoeg word, beweeg Akademia van krag tot krag.

Aansoeke om in 2018 by Akademia te studeer sluit 30 November 2017.