Search
Close this search box.

Akademia se nauurse afstandsmodel gee studiedrome vlerke in 2025

Gepubliseer op: 20 November 2024

Koester jy ʼn studiedroom? Miskien staan jy aan die einde van jou matriekreis en sien blinkoog uit na die toekoms. Dalk is jy reeds gevestig in jou beroep en oorweeg jy ʼn loopbaanskuif. As professionele sportpersoon ry jy dalk die kruin van jou talentgolf en wil jy voorsiening maak vir jou lewe ná die wennerspodium. ʼn Hoëronderwyskwalifikasie is dalk al lank op jou emmerskoplysie. Wat jou rede óók al mag wees, Akademia se nauurse afstandsmodel bied jou die geleentheid om dié droom te verwesenlik ongeag die lewensseisoen waarin jy jouself mag bevind.

Hierdie dinamiese en baie gewilde onderrigleermodel maak dit reeds sedert 2012 vir duisende Fonties – plaaslik én internasionaal – moontlik om hoër onderrig in hul moedertaal te ontvang én boonop ander belangstellings na te streef terwyl hulle studeer. Studente het ʼn keuse van veertien studierigtings oor dinamiese vyf fakulteite en méér nog, dié model word nie begrens deur ouderdom óf geografiese ligging nie. Jy kan gevolglik óf jou studies by wyse van ʼn netwerk van sentrums dwarsoor die land óf ʼn e-leeropsie aanpak. Kontaksessies vind gerieflikheidshalwe op weeksaande en Saterdae plaas en tegnologie word gebruik om dosente en studente in virtuele leefruimtes byeen te bring.

Die instelling se nauurse afstandstudente verteenwoordig ʼn uiteenlopende maar aktiewe studentegemeenskap wat dit almal eens is: studiedrome kán bewaarheid word. Neem byvoorbeeld vir Rikus van der Vlies, lid van die Afrikaanse gospelgroep: Herleef, wat tans besig is met sy finale jaar in LLB. Net só is Yvonne Robson, ʼn Suid-Afrikaanse sewekampatleet doenig met haar tweede jaar in BCom (Ondernemingsbestuur), terwyl Carine Steenkamp haarself voltyds as veeboer uitlééf, terwyl sy vanjaar met die BCom (Finansiële Beplanning)-program begin het.

Behalwe vir die gerieflike rooster bied dié model ook aan Afrikaanssprekendes buite die Suid-Afrikaanse landsgrense die geleentheid om te studeer. Akademia se internasionale voetspoor sluit lande soos onder meer Australië, Namibië, Nederland, Nieu-Seeland, Rusland, Swede, Thailand, die Verenigde Emirate en die Verenigde State van Amerika in.

Indien jy steeds wonder of dié onderrigleermodel vir jou is, hiermee vyf besliste voordele daaraan verbonde om nauurs oor afstand by Akademia te studeer:

  • Jy kan voltyds werk én boonop ʼn inkomste verdien terwyl jy nauurs aan jou studie werk. Op hierdie manier kan jy self jou studie afbetaal terwyl jy studeer.
  • Omdat jy reeds in die werksplek gevestig is, kan jy waardevolle ervaring opdoen en eerstehands ervaar hoe jou studie prakties in praktyk toegepas kan word.
  • Die kontaksessies word op weeksaande en sommige Saterdae aangebied om te verseker dat jou studieverpligtinge nie met jou werksure inmeng nie.
  • Akademia se voertaal is Afrikaans en daarom kan jy in jou moedertaal studeer.
  • ʼn Goed gevestigde ondersteuningsnetwerk en aanlyn leerbestuurplatform is tot jou beskikking om jou afstandsleerervaring so effektief as moontlik te maak.
  • Die interaktiewe aard van elke kontaksessie verseker dat jy van die begin af ʼn aktiewe deelnemer aan klasbesprekings en debatte is. Op hierdie manier voeg jy jou stem tot die groter gesprek en bou jy proaktief aan jou professionele netwerk.

Waarvoor wag jy? Besoek Akademia se webblad vandag nog en vergewis jouself van die verskillende studiemoontlikhede tot jou beskikking. Studieaansoeke vir 2025 is steeds oop!

Danksy Akademia se dinamiese nauurse afstandsmodel kan studente wat voltyds werk óf ander belangstellings nastreef óók hul studiedrome verwesenlik. Studente wat nauurs oor afstand studeer kan by ʼn netwerk van sentrums aansluit of hul studie via die e-leeropsie aanpak.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.