Nagraadse Diploma in Hibriede Projekbestuur
Die hoofdoel van die Nagraadse Diploma in Hibriede Projekbestuur-program is om werkende beroepslui in staat te stel om gevorderde besinning en ontwikkeling te onderneem deur middel van ʼn sistematiese opname van huidige denke, praktyke en navorsingsmetodes in ʼn gespesialiseerde area. Die doel van die program is om studente toe te rus om etiese projekleiers te word binne nasionale en internasionale kontekste wat sterk analitiese vaardighede inkorporeer en kombineer met verskillende projekbestuurtegnieke as deel van ʼn hibriede benadering wat gepas is vir uiteenlopende omgewings of industrieë.
WAT KAN EK MET DIE NAGRAADSE DIPLOMA IN PROJEKBESTUUR DOEN?
Die Nagraadse Diploma in Hibriede Projekbestuur stel die student in staat om sy/haar akademiese loopbaan voort te sit na ʼn meestersgraad in Projekbestuur of hulle professionele reis na sertifisering. Die nagraadse diploma sal aan die student die vaardighede bied om tradisionele projekbestuurbeginsels en -metodologieë te kombineer met ratse (agile) tegnieke en metodologieë as ʼn hibriede benadering tot projekbestuur. Klem word op data-analise, leierskap, etiese praktyk en volhoubaarheid geplaas om graduandi te lewer wat projekte binne verskillende industrieë kan bestuur. Die program rus studente toe om ʼn loopbaan na te jaag as projekbestuurder, programbestuurder, portefeuljebestuurder of bestuurder van projekte (wat verband hou met uiteenlopende industrieë waar die bestuur van projekte as deel van ad hoc-verantwoordelikhede vereis word).
WAT BEHELS DIE PROGRAM?
NKR-vlak 8
SAKO-nommer: 126258
Onderrigleermodel: Nauurse afstandsmodel
KWALIFISEER EK OM ‘N NAGRAADSE DIPLOMA IN HIBRIEDE PROJEKBESTUUR TE STUDEER?
MODULES
Hierdie gevorderde module ondersoek die strategiese toepassing van hibriede projekbestuurmetodologieë. Die student beweeg verby basiese projekbestuursbenaderings om die kuns en wetenskap te verken van hoe die sterkpunte van verskeie metodologieë gekombineer kan word vir optimale projeksukses. Die doel van die module is om deur middel van interaktiewe werkswinkels, diepgaande gevallestudies en simulasies van werklike situasies deur die toenemend komplekse en dinamiese projeklandskap te beweeg.
Die module dien as ʼn omvattende inleiding tot die kernkonsepte, -teorieë en -praktyke wat noodsaaklik is vir effektiewe projekbestuur. Die doel is om studente toe te rus met die nodige fundamentele kennis en vaardighede om projekte suksesvol te verstaan, te beplan, uit te voer, te moniteer en af te sluit.
Die module is ontwerp om studente toe te rus met die kennis, vaardighede en hulpmiddels wat nodig is om projekte doeltreffend te bestuur, met ʼn fokus op volhoubaarheid. Hierdie module ondersoek die raakvlak tussen projekbestuursbeginsels en volhoubare praktyke, met die klem op die belangrikheid daarvan om omgewings-, sosiale en ekonomiese oorwegings te integreer in projekbeplanning, -uitvoering en -evaluering.
Hierdie gevorderde module verken die voorpuntgebied van projekoutomatisering. Die toepassing van projekbestuursagteware, kunsmatige intelligensie (KI), inligtingstelselbestuur en gevorderde projekrisiko-analise word ondersoek om projekprosesse te stroomlyn en te optimaliseer. Hierdie module is ontwerp vir studente wat tegnologie wil inspan om projekdoeltreffendheid en -effektiwiteit te verhoog, deur middel van ʼn kombinasie van tegniese leer, praktiese toepassing en gevallestudies vanuit die werklike wêreld.
Hierdie gevorderde module verken die fynere aspekte van projekleierskap. Die studente verken kritiese gebiede wat verder strek as fundamentele leierskapsvaardighede, met die fokus op die strategiese toepassing van teorieë oor organisatoriese gedrag, tegnieke vir mensebestuur, dinamika in projekspanne, etiese oorwegings, professionele gedrag en gevorderde kontrakteringspraktyke.
ANDER INLIGTING
Minimum een jaar / maksimum drie jaar
Die minimum toelatingsvereiste vir hierdie Nagraadse Diploma in Hibriede Projekbestuur is ʼn toepaslike baccalaureusgraad of ʼn toepaslike gevorderde diploma.
Besoek die betalingsopsies-blad vir die nuutste programkostes.
Handboeklyste word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.
DOEN NOU AANSOEK OM ‘N NAGRAADSE DIPLOMA IN HIBRIEDE PROJEKBESTUUR TE STUDEER
