Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Matrieks span hul seile saam met Akademia en Finesse op MSC-bootreis

Gepubliseer op: 11 Desember 2017

Matrieks van 2018 kan ophou wonder waarheen om vir matriekvakansie te gaan – die antwoord is sonder twyfel die #netMATRIEKS-bootreis op ʼn luukse MSC-skip vir ʼn eiland-avontuur!

Finesse-tydskrif bied van 2018 af die #netMATRIEKS-bootreis in samewerking met Akademia aan. Dié bootreis vir matrieks vaar van 3 tot 7 Desember 2018 na die Portugese Eiland en Mosambiekse kus. Met oorgenoeg vermaak, danse op die dek, temapartytjies, karaoke, spa-bederfies, swembadpret en baie sports gaan hierdie ʼn reis wees om oor huis toe te skryf.

Wen jou plek op die boot!

Wen ʼn kajuit vir twee mense op die #netMATRIEKS-bootreis deur jou naam en van, e-posadres en telefoonnommer na netmatrieks@akademia.ac.za te stuur om meer inligting te ontvang!

Matrieks, jul skip het gekom, moet dit nie verpas nie!