LOOPBAANADVIES | TOETSE
WAT BEHELS DIE LOOPBAANADVIES EN -TOETSE?
Bemarkingsadviseurs bedien voornemende asook huidige studente gratis met waardevolle advies oor toelatingsvereistes, vakkeuses en ander kwelvrae oor studie by Akademia. Die instelling bied ook psigometriese evaluerings vir graad 9-leerders deur middel van ʼn span opvoedkundige sielkundiges aan, om leerders en ouers te help om ingeligte besluite oor vakkeuses en studierigtings te neem.
Dit gebeur dikwels dat studente onseker is oor die ideale studierigting en loopbaankeuse omdat hulle nie oor die nodige kennis beskik wat hul eie persoonlikheid, belangstellings, vaardighede en waardes betref nie. Gedagtig hieraan word Akademia-bemarkingsadviseurs opgelei as Career Direct®-konsultante om ʼn loopbaanadviesdiens te kan lewer deur gebruik te maak van loopbaantoetse.
PSIGOMETRIESE EVALUERINGS VIR GRAAD 9-LEERDERS
Die Studenteondersteuningdienste lewer ʼn professionele diens deur middel van ervare opvoedkundige sielkundiges aan leerders – in groepsverband of individueel – wat psigometriese evaluerings vir vakkeuse en studierigtings insluit. Aan die hand van hierdie meetinstrumente word belangstellings, karaktersterktes en intellektuele potensiaal ondersoek, en aanbevelings word dienooreenkomstig belyn met beskikbare skoolvakpakkette. Die evaluasies word in Afrikaans en Engels aangebied.
Lees meer hier.
CAREER DIRECT
Career Direct® is ʼn omvattende loopbaanassesseringsisteem wat Bybelse beginsels met moderne loopbaanadviestegnologie en -statistiek kombineer. Met volgehoue ontwikkeling oor die afgelope twintig jaar, fokus Career Direct® op vier belangrike komponente van loopbaankeuses: persoonlikheid, belangstellings, vaardighede en waardes.
WIE SAL BAAT BY CAREER DIRECT SE LOOPBAANTOETSE?
- Graad 9-leerders wat vakkeuses moet maak.
- Matrieks wat om studies moet aansoek doen.
- Studente wat onseker is oor hulle huidige studierigting of wat spesialiseringsrigtings moet kies.
- Afstuderende studente wat keuses moet maak oor moontlike werkaansoeke.
- Werkendes wat ongelukkig is in die werksplek en sekerheid oor hulle beroepskeuses wil verkry.
Mense van alle ouderdom sal baat vind by Career Direct® se rigtinggewende en omvattende uitslae.
WIE IS DIE CAREER DIRECT-KONSULTANTE?
Chrisna O’Kennedy
Jeanmarie van Niekerk
HOE WERK DIE LOOPBAANTOETSE?
Besoek Die Winkel om jou Career Direct-toets aan te koop.
’N KONSULTANT SAL JOU KONTAK MET ’N TOEGANGSKODE OM DIE TOETS AF TE LÊ.
Die toets neem sowat ʼn uur om te voltooi en kan op jou eie tyd voltooi word. Nadat die konsultant die verslae ontvang het, sal hulle ʼn afspraak met jou maak om virtueel of in persoon te ontmoet om die verslag met jou te bespreek. Die konsultant sal jou help om die data in die verslag te interpreteer sodat jy kan sien hoe die afsonderlike komponente tot mekaar spreek. Sodoende sal die data in effektiewe aanbevelings geïntegreer word.
WAT KOS DIT?
Die Career Direct-toets en -konsultasie kan vir R1 500 op Die Winkel aangekoop word. Die toets sluit die konsultasiesessie in.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
