*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

L-E-E-S!

Die L-E-E-S-!-platform is ʼn versamelpunt van nuttige taal- en leeshulpbronne en -aktiwiteite om by te dra tot die bevordering van Afrikaanse taal- en leesvaardighede. Die platform is die uitvloeisel van die Afrikaans 100-feesvieringe. Die fokusareas is:

Aanmoediging van ʼn leeskultuur: Moedig die gemeenskap aan om te lees deur leesmateriaal beskikbaar te stel wat by leerders se belangstellings aansluit.

Ondersteuning van taalontwikkeling: Skep ʼn omgewing wat toegang bied tot woordraaisels, speletjies, leeslyste, oefenvraestelle, taaloefeninge, en ander.

Skakeling met Afrikaanse taalgemeenskappe: Werk saam met skole, biblioteke, en ander rolspelers om ʼn platform te bied tot leesbronne met die doel om ʼn liefde vir lees te kweek.

Fasilitering van taalkompetisie: Van stapel stuur, organiseer en ondersteun van verwante kompetisies om bewusmaking te kweek rondom die belangrikheid van taalvaardigede.

Kompetisies

Akademia bied kompetisies in samewerking met verskeie instellings aan vir leerders om hul taal- en leesbegrip te bevorder.

Woordmeesters

Akademia se Woordmeesters-taalkompetisie in samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en Pretoria FM, sorg vanaf 26 Mei tot 6 Julie 2025 vir opwindende taalpret vir oud en jonk. Die finale ronde van dié taalkompetisie vind op 14 Augustus (Afrikaanse Taaldag) plaas. Hierdie kompetisie bied aan taalliefhebbers die kans om hul kennis van idiome, spelreëls, gesegdes en ander taaltoepassings op die proef te stel en só aktief hulself met die taal te besig.

Kategorieë

  • Skoolleerders (graad 10 tot 12)
  • Studente
  • Publiek

Klik hier vir meer inligting.

Klik hier om te registreer vir die kompetisie.

Die doel van UitklopSpel is om taal- en begripvaardighede by leerders te bevorder deur ʼn spelkompetisie by verskeie skole, wat oor nege provinsies strek, aan te bied.

Klik HIER vir datums

Kontak vir Nellie de Beer op 082 819 5923 of stuur ’n e-pos na nelliedebeer1@gmail.com vir meer inligting.

Die doel van die debatskompetisie is om leerders die geleentheid te gee om aan debatvoering deel te neem. Die debatskompetisie fokus daarop om Afrikaans onder hoërskoolleerlinge te bevorder, goeie kommunikasievaardighede te kweek en om die jeug van vandag aan te moedig om ingelig te wees oor aktuele sake.

Klik HIER vir meer inligting.

Klik HIER vir datums

Die nasionale interskole redenaarsliga het sedert 2012 gegroei tot een van die grootste en mees gesogte nasionale kompetisies in sy veld. Die provinsiale ronde vir Gauteng (Boksburg- en Pretoria-streek), sowel as die Noordwesprovinsie, vind in persoon plaas en provinsiale uitdunne vir alle ander provinsies, vind regstreeks per WhatsApp-video-oproep plaas. Die nasionale ronde vir alle provinsies, vind in persoon plaas te Wits-universiteit.

Klik HIER vir datums

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.