L-E-E-S!
Die L-E-E-S-!-platform is ʼn versamelpunt van nuttige taal- en leeshulpbronne en -aktiwiteite om by te dra tot die bevordering van Afrikaanse taal- en leesvaardighede. Die platform is die uitvloeisel van die Afrikaans 100-feesvieringe. Die fokusareas is:
Aanmoediging van ʼn leeskultuur: Moedig die gemeenskap aan om te lees deur leesmateriaal beskikbaar te stel wat by leerders se belangstellings aansluit.
Ondersteuning van taalontwikkeling: Skep ʼn omgewing wat toegang bied tot woordraaisels, speletjies, leeslyste, oefenvraestelle, taaloefeninge, en ander.
Skakeling met Afrikaanse taalgemeenskappe: Werk saam met skole, biblioteke, en ander rolspelers om ʼn platform te bied tot leesbronne met die doel om ʼn liefde vir lees te kweek.
Fasilitering van taalkompetisie: Van stapel stuur, organiseer en ondersteun van verwante kompetisies om bewusmaking te kweek rondom die belangrikheid van taalvaardigede.
Artikels
Die artikelafdeling inspireer kinders om lees as ʼn avontuur te sien en help hulle om hul taalvaardighede in Afrikaans te versterk. Dit bevorder ʼn liefde vir die taal, verbeter leesbegrip en bou selfvertroue in lees. Deur leesaktiwiteite en -wenke word daar ook ʼn gevoel van gemeenskap geskep waar kinders en ouers die vreugde van lees saam kan geniet.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

