Die L-E-E-S!-projek is daarop gefokus om leesvaardighede en taalbegrip onder skoolleerders te bevorder met die doel om leerders se taalvaardighede vir universiteitsvlak te slyp. Die projek vind plaas in die groot Afrikaans 100-eeufeesjaar – juis om Afrikaans as onderrigtaal te bevorder. Die projek gebruik verskeie aktiwiteite en hulpbronne om ʼn omvattende leerervaring te bied.
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.