Search
Close this search box.

Klop hier aan vir hulp en diens in Centurion

Geskryf deur Megan Ferreira, Fontiepos-joernalis

Is jy ʼn voltydse of nauurse student in die Centurion-omgewing wat vinnig ná jou klasse ʼn afspraak by ʼn haarkapper moet nakom? Moet jy dringend die tandarts gaan sien, of jou motor laat diens? Dalk is jy op soek na ʼn fisioterapeut of ʼn ortodontis. Indien wel, moenie verder kopkrap nie – die Fontiepos-span het die snuffelwerk vir jou gedoen.

  • ʼn Tandarts (Jean Crossing Dental Studio) is te by die Jean Crossing-winkelsentrum, op die hoek van Rabie- en Jeanlaan.
  • Besoek die ortodontis in die Unitas-hospitaalgebou, dr. J. Hattingh. Sy praktyk is in Cliftonstraat 181 geleë binne die Lifestyle Management Park, en sy kamernommer is 227.
  • Vir ʼn fisioterapeut hoef jy nie verder te soek as Wilna Foot Fisioterapeute nie. Die praktyk is in Theunis van Niekerkstraat in Wierdapark.
  • Klop aan by Mulder’s Mile 64 in Eldoraigne vir ʼn chiropraktisyn.
  • Hair with Flair is ʼn haarkapper by Edinburghstraat 192, Clubview.
  • Vir ʼn mediese praktyk, besoek dr. T. P. Pretorius by Mulder’s Mile.
  • Laat diens jou motor by Centurion Lake Auto in Heuwelstraat, Centurion.


Centurion is groot en daar is natuurlik baie meer opsies vir die bogenoemde dienste. Help jou mede-Fonties deur hulle te laat weet as jy uitsonderlike diens gekry het!

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.