Kampusopedag
21 & 22 Maart 2025
Centurion
Sessie een | Vrydag 21 Maart om 09:00
Sessie twee | Vrydag 21 Maart om 13:00
Sessie drie | Saterdag 22 Maart om 09:00
Akademia is trots Afrikaans en tuis op ons voltydse kampusse. Kom vind uit waarom studentwees meer as net jou studie is by Akademia se kampusopedag in Centurion. By Akademia vorm ons denke én hart, met ʼn bruisende studentelewe wat jou drome ʼn werklikheid maak. Moet dit nie misloop nie! Bespreek jou plek om deel te wees van hierdie geleentheid.
WAAROM MOET EK DIE OPEDAG BYWOON?
Om al my studiemoontlikhede te oorweeg
Om met dosente te gesels
Om koshuisverblyf te besigtig
Om meer oor die Groot Boeke-program uit te vind
Om medestudente te ontmoet
Om inligting by adviseurs te kry
Om ʼn voorsmakie van ʼn gesonde studentelewe in Afrikaans te ervaar
Om die hart van Akademia te ervaar
Wat kan ek verwag van die kampusopedag
’n Oorsig oor Akademia
Studierigtingspesifieke inligting
’n Blik op die studentelewe
Belangrike inligting
- As gevolg van beperkte kapasiteit van lokale versoek ons dat voornemende studente deur slegs twee gaste vergesel word.
- Dit is nie nodig om apart te bespreek vir die gaste nie. Slegs een registrasie per voornemende student is nodig.
AKADEMIA – studentwees is meer as net jou studies!
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE