Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Kampusopedag

10 & 11 MEI 2024

Kom vind uit waarom studentwees meer is as net studies by Akademia se kampusopedag in Centurion.

Akademia is verbind daartoe om studente se denke én hart te vorm. Kom kuier by ons kampusopedag waar jy meer kan uitvind oor ons programaanbod sowel as ʼn voorsmakie kan kry van ons besonderse en unieke studentelewe. Bespreek jou plek om deel te wees van hierdie geleentheid!  

WAAROM MOET EK DIE OPEDAG BYWOON?

Om al my studiemoontlikhede te oorweeg

Om met dosente te gesels

Om ingeligte besluite te neem

Om ʼn gesonde studentelewe in Afrikaans te ervaar

Om meer oor die Kuns van Studentwees te leer

Om medestudente te ontmoet

Om inligting by adviseurs te kry

Om koshuisverblyf te besigtig

Om vir Fontie te ontmoet

Om die hart van Akademia te ervaar

Wat kan ek van die opedag verwag?

’n Oorsig oor Akademia

Studierigtingspesifieke inligting

’n Blik op die studentelewe

NOU JA, WAARVOOR WAG JY? RSVP NOU!

Kyk die video vir hoogtepunte van verlede jaar se opedag.

Belangrike inligting

MEER OOR DIE  TWEE KAMPUSSE IN CENTURION

Vanaf 2024 spog Akademia met twee kampusse in Centurion.

Die Gerhardstraat-kampus is goed ingerig om studente in verskeie lokale te akkommodeer en bied parkering, ʼn kafeteria, asook wegbreekruimtes. Die kampus is gerieflik naby ʼn inkopiesentrum in Centurion geleë en is stapafstand vanaf die Gautreinstasie. Tans word klasse vir die fakulteite Regte, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en die Geesteswetenskappe hier aangebied.

Die Leriba-kampus bied ʼn tropiese gevoel waar die Opvoedkunde-fakulteit en Natuurwetenskappe-fakulteit studente akkommodeer in ʼn verskeidenheid lokale tussen pragtige tuine. Die kampus bied veilige parkering, ʼn kafeteria en eetsaal, asook wegbreekruimtes. Die kampus is ook die tuiste van die manskoshuise, en Sowel As – Akademia se eie koffiewinkel.

Die twee persele is slegs 2km van mekaar af, en die dameskoshuise ʼn skamele 1.2km vanaf die Gerhardstaat-kampus.

Kom vind uit waarom meer as ʼn 1000 voltydse studente hierdie jaar Akademia hul studietuiste noem.

AKADEMIA – studentwees is meer as net jou studies!

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE