Inligtingsessie oor die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur by Akademia in 2025
DATUM
Donderdag 30 Januarie 2025
TYD
18:30-19:30
Is jy gereed om jou onderwysloopbaan na bestuursvlak te neem?
Die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur sal studente se kennis op die gebied van onderwysleierskap en -bestuur versterk en verdiep wat hulle in staat sal stel om leiers sowel as middel- of senior bestuurders in hierdie professionele veld te word.
Indien jy daarin belangstel om die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur in 2025 via die nauurse afstandsmodel by Akademia te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie op Donderdag 30 Januarie 2025 om 18:30 by.
DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- ʼn Oorsig van Akademia
- ʼn Oorsig oor die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur-program
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die aansoekproses?
- Wat is die toelatingsvereistes?
- ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.
Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die inligtingsessie oor die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur-program hanteer.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE AFSTANDSMODEL
Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE