Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.
HuisKaroo_Logo-08

Die Karoo is ʼn alombekende Suid-Afrikaanse landskap deurdrenk met onvergeetlike skoonheid, ʼn stille eenvoud en baie versteekte skatte. Dié landskap se uitgestrekte, droë vlaktes en ongeskonde natuurskoon lyk dalk met ʼn eerste blik ongenaakbaar, maar dit is in wese ʼn ryke habitat vir ʼn gul verskeidenheid fauna en flora. Simbolies spreek die Karoo voorts tot volharding en aanpasbaarheid. Dit is hier waar die gemsbok met sy majestueuse voorkoms en onwrikbare standvastigheid bewondering afdwing. Op dieselfde manier bied Huis Karoo vir jou ʼn tuiste.

HUISKOMITEE

2023/2024

Trevan Lang

Primarius

Gemeenskap, Dissipline en Seniors

David Burger

OnderPrimarius

Klerasie, Finansies en Bemarking

Lodewyk Willemse

SOSIAAL, ERFENIS EN SPORT

Niel Bekker

KULTUUR EN EERSTEJAARS

KOSHUISWAARDES

Integriteit

Integriteit is ’n kernwaarde by Huis Karoo. In praktyk beteken dit om altyd die regte ding te doen – selfs wanneer niemand kyk nie, en om in elke situasie op te tree met eerlikheid, eerbaarheid, en standvastigheid.

Respek

’n Huis Karoo-man het respek vir homself, sy medebroers en -studente. Dit beteken om elke persoon te waardeer vir wie hulle is, om hulle sienswyses te respekteer, en om  omgewing te skep waarin elke individu ondersteun word.

Deursettingsvermoë

Deursettingsvermoë is vir Huis Karoo ’n hoogs gekoesterde eienskap. Dié waarde getuig van vasberadenheid in die aangesig van uitdagings en om nooit moed op te gee nie. Huis Karoo-mans maak altyd klaar waarmee hulle begin het, pak elke taak met deursettingsvermoë en vasberadenheid aan. Ons erken die waarde van harde werk en volharding, en strewe daarna om ons doelwitte met voortgesette toewyding te bereik.

Opregtheid

Dit is vir Huis Karoo belangrik om eerlik en opreg te wees in al ons interaksies met ander. Dit beteken dat ons deurentyd en om getrou aan onsself te bly sonder valse voorwendsels, en om altyd die waarheid te om arm.

Goeie sportmanskap

Goeie sportmanskap beteken vir Huis Karoo dat ons die spel geniet en nie net op wen fokus nie. Ons glo dat ware prestasie nie net deur die telbord en wennerspodium bepaal word nie, maar ook deur die manier waarop ons die spel speel.

ALGEMENSE VRAE

Wat is ’n daghuis?

Die doel van ’n daghuis is om vir studente wat deel van ons voltydse kampusmodel is, maar nie in koshuis bly nie, die geleentheid te bied om die pret van die koshuis- en studentelewe te geniet. Sodoende kan die studente koshuisaksies, dinees en alle kultuur- en sportfunksies van die daghuis bywoon en deel vorm van  unieke en besondere koshuiskultuur.

Studente kan aansluit by die daghuis deur ’n e-pos te stuur na huiskaroo@akademiastudente.co.za

Die waarde van daghuise is van onskatbare waarde. Die klem by Akademia word sterk geplaas op ons vormingsideaal wat natuurlik ook die vorming van die hart én denke behels. Koshuise word spesifiek as ’n platform gebruik vir die vorming van harte en karakterontwikkeling. Die daghuise is m.a.w. van kardinale belang vir ons as ’n onafhanklike hoëronderwysinstelling om sodoende vir alle studente die geleentheid te bied om deel van ’n koshuiskultuur te word, alhoewel hulle nie in kampuskoshuis bly nie. ’n Addisionele aspek is die gemeenskapsgevoel wat in koshuise gekweek word wat pragtig aansluit by Akademia wat homself as ’n onafhanklike hoëronderwysinstelling vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap beskou. Daghuise is dus deurslaggewend vir Akademia om sy vormingsideaal uit te voer.

Die daghuis het nie ’n spesifieke gebou/plek waar studente woon of heeldag moet wees nie, daar is wel HK-kantoor op die Gerhardstraat-kampus waar die HK altyd gevind kan word.

STUDENTEONDERSTEUNING

Kontak ons by vangnet@akademia.ac.za om die volgende ondersteuning te ontvang:

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE