Die dahlia-blom simboliseer elegansie, innerlike krag, verandering,
kreatiwiteit en waardigheid – dui ook op ’n nuwe begin, blywende
vriendelikheid, genade en toewyding aan dit wat goed is.
2023/2024
Primaria
Onderprimaria
Eerstejaarsverteenwoordiger
Kuns en Kultuur
Sport en Sosiaal
Gemeenskap en Geloof
EGTHEID: ’n Dame vind identiteit deur God en nie deur ander nie. Sy is eg teenoor haarself, en daardeur sal haar aksies en oortuigings ooreenstem.
DIENSBAARHEID: ’n Dame tree op in diensbaarheid vir haar gemeenskap, want deur ander te dien, dien jy ook jouself.
NEDERIGHEID: ’n Dame sien haar waarde sonder hom haarself te verhoog. “Onselfsugtigheid beteken nie om minder van jouself te dink nie maar om minder aan jouself te dink.”
VEERKRAGTIGHEID: ’n Dame wat in veerkragtigheid lewe word nie deur hindernisse omvêr gegooi nie, maar sien eerder elke gebeurtenis as ’n geleentheid vir groei.
DANKBAARHEID: ’n Dankbare gees kan nie van jou verneem word sodra dit gekweek is nie. ’n Dame leef met ’n dankbare gees en weet dat dit wat sy het nie uit verdienste kom nie, maar eerder dat dit aan haar toevertrou is.
INTENSIONALITEIT: ’n Dame heg ’n “hoekom” aan haar doelwitte, en tree daarin op met goeie rede.
In Huis Dahlia beskou ons waardes as ’n leefstyl en nie woorde wat net herhaal word nie.
Ons waardes is die morele beginsels en standaarde van ons Huis. “Om te streef” is wat
ons hand aan hand met ons waardes wil bereik. Hierdeur vestig en koester ons ’n
Spreuke 31-vrouweeskultuur en ’n hart wat gesamentlik klop.
R6 600 per maand oor tien maande
Koste-uiteensetting:
Let wel: Hierdie inligting is onderhewig aan veranderinge.
Die koshuiskas is ʼn jaarlikse betaling van R300 wat deur elke student betaal word om deel te neem aan ons bruisende studentelewe en koshuislewe. Daardie finansies word gebruik om verskeie sport-, kultuur-, gemeenskap- en sosiale aksies moontlik te maak.
Vir studente om op hulle beste te kan funksioneer is gesonde en bekostigbare etes uiters belangrik. Sodoende skep die koshuisbestuur en die instelling gereelde geleenthede en platforms om in samesyn te eet. Daar sal deur die jaar weeklikse etes wees waaraan koshuisinwoners deelneem en mekaar beter leer ken.
Verwarmers met oop elemente (Brandgevaar)
Enige gastoestelle
Geen foto’s teen mure of kaste nie
Daar is veilige opelugparkering en jy mag ʼn motor hê. Eerstejaars het spesifieke geallokeerde parkering.
Die volgende is belangrik om te weet in terme van jou woonstel kamer se uitleg:
Kontak ons by vangnet@akademia.ac.za om die volgende ondersteuning te ontvang:
Vir enige navrae kan die koshuisbestuur gekontak
word by huisdahlia@akademiastudente.co.za.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2024 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.