Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Groot gees by Akademia-eerstejaarskamp

Gepubliseer op: 9 Maart 2021

Akademia het van 2-4 Maart vir 94 eerstejaars ʼn eerstejaarskamp by Zwartkloof Privaat Natuurreservaat aangebied. Studente van regoor die land het hierdie studentegeleentheid bygewoon. Die kamp is daarop gerig om studente te help om bande te bou met medestudente, asook die Studenteraad en Akademia-ambassadeurs. Hulle is ook bekendgestel aan van die instelling se personeel en waardes.

Na verlede jaar se suksesvolle eerstejaarskamp is Akademia veral verheug oor die toename in belangstelling. Meer as dubbeld die hoeveelheid studente van verlede jaar het saam kom kamp. Die eerstejaarskamp is bygewoon deur nauurse studente van regoor die land, asook eerstejaarstudente wat voltyds by Akademia se Centurion-kampus gaan studeer.

Die studente het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem, en het ook Akademia se negende jaar van klasgee met trots gevier en hulle toekomstige alma mater met hierdie spankrete gelukgewens. Sprekers soos Marthinus Visser (besturende direkteur), dr. Desiree Muller (studentesakebestuurder) en prof. Danie Goosen (akademiese hoof) het eerstejaars ingelig oor Akademia se begronding, kultuur, studenteondersteuning en vele meer. ʼn Hoogtepunt op die program was ʼn aanbieding deur Paul Smit oor emosionele intelligensie en verhoudings.

“Die eerstejaarskamp was ʼn onvergeetlike ervaring gewees! Ons kon vriendskappe bou, ongelooflike mense ontmoet en dit het bygedra tot my persoonlike ontwikkeling. Ek is definitief ʼn beter mens as voor die kamp. Ek sal dit definitief aanbeveel vir enige Akademia-eerstejaar”, sê Marisha Hermann, eerstejaar in BA (Kommunikasie en Joernalistiek).

Nog ʼn eerstejaar wat op die kamp was meen dat dit een van die opwindendste gebeurtenisse was wat sy al beleef het. “Ek kon vriendskappe maak wat vir ʼn leeftyd sal hou. Ek kan nie wag om volgende jaar, hopelik as ambassadeur, deel hiervan te wees nie!” – Jeani van Heerden, eerstejaar in BSc (Wiskundige Wetenskappe).

Die jaarlikse eerstejaarskamp is een van vele opwindende items op die studentekalender. Hou hierdie spasie dop, want daar is nog baie studentenuus en -aktiwiteite in die vooruitsig.

Indien jy nog in 2021 ʼn nauurse eerstejaar by Akademia wil wees kan jy nog tot 12 Maart 2021 om 12:00 aansoek doen. Aansoeke vir voltydse studies by die Centurion-kampus het egter reeds gesluit. Vir meer inligting oor Akademia, besoek www.akademia.ac.za of stuur ʼn WhatsApp aan 0861 222 888. Akademia, jou Afrikaanse studietuiste!

Akademia-eerstejaars het spanwerk by die eerstejaarskamp bemeester.
Vier-en-negentig eerstejaars het vanjaar die eerstejaarskamp by Zwartkloof bygewoon.
Akademia is in haar negende jaar van klasgee en dit is hartlik by die eerstejaarskamp gevier.