Dinsdag
26 Julie 2022

Wingate Park
Buiteklub, Pretoria

Registrasie
09:30-10:30

Afslaantyd: 10:30
(vanaf verskeie putjies)

Koste vir ’n vierbal:
R4000

Dinsdag
26 Julie 2022

Wingate Park
Buiteklub, Pretoria

Registrasie
09:30-10:30

Afslaantyd: 10:30
(vanaf verskeie putjies)

Koste vir ’n vierbal:
R4000

Waarvoor wag jy? SKRYF ’N SPAN IN!

VIERBAL SLUIT IN

Verwelkomingsakkie per speler

Gebruik van gholfkarretjies (twee per span)

Eet by die halfweghuis

Bywoning van aandfunksie

MEER INLIGTING

Formaat:

Vierbal-alliansie (twee tellings tel). In die vierbal-alliansie word die Stabelfordtelling gebruik waar elke putjie ʼn voorbepaalde getal spelers van elke span se tellings gebruik om die span se telling te bereken. Dikwels beteken dit net die twee beste tellings van die span van vier, maar dit kan al vier die spelers se tellings insluit.

Toekennings:

Naaste aan die vlag, langste dryfhou, en ʼn troosprys vir die speler wat die meeste houe vir die dag gespeel het. Daar is ook ʼn finale prys vir die vierbal met die mees kreatiewe naam.

Veiling:

Daar gaan ook ʼn veiling van verskeie items deur die loop van die aand plaasvind. Die veiling word gehou ten bate van die Akademia-skenkingsfonds.

Covid-19-regulasies geld:

Vir navrae:

Stuur gerus ʼn e-pos aan leah@akademia.ac.za

WIE IS DIE AKADEMIA-SKENKINGSFONDS?

Die Akademia-skenkingsfonds is ʼn skenkingsfonds wat spesifieke klem lê op die oprig van Afrikaanse opleidingsinstellings. Hierdie trust fokus daarop om ʼn volhoubare model te voorsien om skenkings te werf, uit te bou en aan te wend ten behoewe van opleidingsinstellings soos Akademia. Fondse ingesamel by die gholfdag sal gebruik word om befondsing beskikbaar te stel om studente se studentedrome te verwesenlik en te help bou aan ʼn Afrikaanse universiteit.