Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Inligtingsessie oor die Gevorderde Diploma in Projekbestuur by Akademia in 2024

DATUM

2 November 2023

TYD

18:00-19:30

Vorm projekte deel van jou daaglikse take? Vul jou professionele kundigheid aan met praktiese vaardighede in projekbestuur

Kom kuier op Internasionale Projekbestuurdag (2 November 2023) aanlyn saam met ons. Hier kan jy uitvind hoe Akademia se Gevorderde Diploma in Projekbestuur studente toerus om die beginsels van projekbestuur te verstaan en om dié beginsels in die praktyk toe te pas, sodat projekte suksesvol ontwikkel en bestuur kan word. Dit rus studente toe met kennis en vaardighede in projekbestuur, projekuitvoering en beheer, tydsbeplanning, kostebestuur, en projekkwaliteit en -risikobestuur.

Indien jy daarin belangstel om die Gevorderde Diploma in Projekbestuur in 2024 via die nauurse afstandsmodel by Akademia te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie op Donderdag 2 November 2023 om 18:00 by.

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • ʼn Oorsig van Akademia
  • ʼn Oorsig oor die Gevorderde Diploma in Projekbestuur-program
  • Hoe werk die klasbywoning?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • Wat is die toelatingsvereistes?
  • ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.


Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die Gevorderde Diploma in Projekbestuur-program hanteer.

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE AFSTANDSMODEL

Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE