Gepubliseer op: 25 Junie 2025
Akademia se Fakulteit Geesteswetenskappe het op Dinsdag 24 Junie 2025 tydens ʼn spesiale bekendstellingsgeleentheid by Pierneef’s Kraal in Pretoria ʼn glasie ter viering van die instelling se nuwe BA (Algemeen)-program geklink. Dié driejaargraadprogram, wat vroeër vanjaar aangekondig is, sal vanaf 2026 voltyds op die instelling se Pretoria-kampusse aangebied word.
Tydens die geleentheid het ʼn paneelgesprek lig gewerp op die toepaslikheid van ʼn algemene klassieke begronding in ʼn veel ouer tradisie – teenoor die tendens van ultra-spesialisasie en die grootskaalse gebruik van generatiewe kunsmatige intelligensie (KI) – in die werksplek. Die paneellede was: prof Danie du Plessis (dekaan: Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia), prof. Amanda du Preez (dosent: Digitale Kultuur en Media, Fakulteit Geesteswetenskappe by die Universiteit van Pretoria) en Alida Kok (departementshoof: Sosiale Wetenskappe by Akademia). Dr. Morné Malan (dosent: Groot Boeke by Akademia) het as die gespreksfasiliteerder opgetree.
Die grootse taak van die geesteswetenskappe
In sy verwelkomingstoespraak het prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof: Akademie by Akademia, gesê dat dié nuwe program ʼn sterk verband tussen teorie en die praktyk huldig. Laasgenoemde dui nie nét op die noodsaaklikheid en toepaslikheid van die program nie, maar ontsluit voorts die klassieke aard en wese van die vrye kunste.
Volgens Goosen vervul die geesteswetenskappe ʼn tweeledige taak, veral gegewe die huidige tydsgees. Hierdie roepingsgedrewe take herinner ʼn mens volgens hom sterk aan Plato se gedagtes oor die wagters op die stadsmure – waar getrou aan dié analogie, geesteswetenskappe dit ten doel het om die akademiese tradisie te beskerm. Binne hierdie milieu is dit veral die werklikheid en die denke wat hierdie realiteit ontsluit wat beskermingswaardig is. “Geesteswetenskappe rus studente toe om die groot samehangende werklikheid, soos begrond deur die klassieke akademiese tradisie, te erken en te omarm in ʼn wêreld waarbinne die werklikheid al meer tot ʼn spel van magte beperk word,” verduidelik Goosen.
ʼn Klassieke benadering gepas vir ʼn moderne tyd
Op haar beurt het Kok Goosen se siening verder ondersteun deur te verduidelik dat die BA (Algemeen)-program ʼn versinnebeelding van beide hartstog én roeping verteenwoordig. Gedagtig hieraan sal studente oor die bestek van hul studiereis toegerus word met ʼn deeglike begronding wat spreek tot ʼn soeke na die ware, die goeie en die skone. Anders gestel: ʼn doelbewuste en deurdagte studie vanuit ʼn veel ouer tradisie waaruit die deurslaggewende idees, beeldskone kultuurskatte en groot instellings van die wêreld ontwikkel het.
Tydens die paneelgesprek was die lede dit eens dat ʼn deel van die krisis wat so tekenend van die moderne wêreld is, is dat studente nie meer in kurrikulums opgelei en gevorm word om die dele in verhouding met die geheel te plaas nie. Die uiteinde hiervan is dat studente wat uit ʼn stelsel gelewer word waarin daar te vroeg gespesialiseer word, maklik deur ideologieë en politieke getye meegesleur kan word. Hierdie meesleuring gee aanleiding tot ʼn gefragmenteerde en meganistiese wêreldbeeld, terwyl ʼn oordrewe fokus op generatiewe KI tot ʼn onvermoë lei wat studente se innerlike dialoog beperk en hul intieme binnewêreld sonder enige verbeelding laat.
Die paneellede het verskeie eienskappe aan graduandi toegeken wat in die geesteswetenskappe studeer het, en wat hul gevolglik in die werksplek onderskei. Hierdie sluit onder meer in:
Die openbaring van leierskap wat herstel, hervorming en herlewing aanmoedig.
Ter afsluiting het Kok gesê dat die BA (Algemeen)-program die vertrekpunt van ʼn opwindende ontdekkingsreis is na méér as net toekomstige loopbaanvervulling. Dit bied aan studente ʼn gulde geleentheid om hulself, hul leefwêrelde en die polsslag van die vrye kunste te ontdek.
Studieaansoeke vir die 2026- akademiese jaar is reeds oop. Besoek die Akademia-webblad vir meer inligting.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.