Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Gebruik die LinkedIn-platform tot jou voordeel

Gepubliseer op: 31 Mei 2022

Geskryf deur Heléne Leonard, kommunikasie-intern by Akademia

Om ʼn goeie LinkedIn-profiel te hê, is van kardinale belang en al is jy nie noodwendig op soek na werk nie, kan jy beslis by ʼn volledige en aktiewe profiel baat vind. Bronne en kennisse is altyd belangrik in enige werksomstandighede en daarom moet jy aktief op LinkedIn wees.

“Die netwerke wat jy op LinkedIn opbou sal jou met toekomstige werksgeleenthede help, sowel as in jou huidige werk,” vertel Paul Drury, bekende aanlyn LinkedIn- en Google-werwer. “ʼn Goeie LinkedIn-profiel hits jou professionaliteit aan en stel jou bloot aan ander instellings en mense wat dieselfde vaardighede as jy het.”

Hier is ʼn paar nuttige wenke vir ʼn professionele profiel op LinkedIn:

Jou voorkoms maak saak

Maak seker dat jou LinkedIn-foto op datum is. Jou profielfoto moet weerspieël hoe jy daagliks lyk – jou hare, bril, grimering, ensovoorts. Volgens navorsing is jou kans 14% beter om vir ʼn onderhoud genooi te word as jy ʼn ordentlike profiel- en hooffoto het. Daarom moet jy werk aan dié foto. Dit is so goed soos jou Curriculum Vitae- (CV) foto.

Jou blad se voorkoms is belangrik

In die jaar 2022 is jou LinkedIn-profiel net so goed soos ʼn aanlyn CV. Enige iemand wat jou moontlik wil aanstel, kan op jou LinkedIn-profiel afkom. Maak seker dat jou voorwoord op jou blad kort en kragtig is met die nodige inligting oor jouself.

Publiseer werk wat jy aanlyn beskikbaar het

Aangesien jou blad beskikbaar is vir voornemende werkgewers, moet jy die platform benut. Drury beveel aan dat jy van jou aanlyn werk op jou blad publiseer om sodoende ʼn goeie portefeulje te bou. In die plasing wat jy op jou blad sal dit goed wees om konteks te skep. Vertel meer oor die plasing en wat jou rol in die proses was. Gebruik ook hutsmerke in jou plasings, want dit wys dat jy weet hoe om sosiale media te gebruik.

Bou ʼn goeie netwerk

Pasop met wie jy skakel. Dit is baie belangrik om met betroubare mense te skakel op LinkedIn. Dit is goed as jy die mense ken waarmee jy skakel, want dit bring jou in kontak met ander goeie potensiële kollegas. As jy nie weet met wie jy skakel nie, mag dit dalk sleg wees vir jou aangesien die skakel dalk nie ʼn goeie werknemer is nie.

Wys waar jy studeer het

Dit word aanbeveel om instellings te lys waar jy studeer het. Vertel jou toekomstige werkgewers en kollegas waar jy studeer het en waar jy werk. Só help die LinkedIn-algoritme jou om met soortgelyke werknemers en werkgewers te skakel.

Heléne Leonard is ʼn kommunikasie-intern in by Akademia met ʼn passie vir multimedia-platforms