2 Augustus

Akademia tree as gasheer op vir internasionale filosofiese NAWG-kongres.

15 November

Akademia bied ʼn aanlyn inligtingsessie aan oor die nagraadse diplomas in onderskeidelik Belasting en Bestuursrekeningkunde.

26 Maart

Die Akademia-mediasentrum huisves voortaan ook die Nongqai-argief.

21-22 Mei

Die Fakulteit Opvoedkunde het ʼn openbare lesing deur dr. Pierre Edwards, bekleër van die ereleerstoel in onderwysleierskap, aangebied, gevolg deur ʼn simposium oor die kernaspekte van afstandsonderrig in die digitale era.

11 September

Akademia kondig groot nuus aan dat hy goeie matriekprestasie gaan beloon by wyse van die daarstelling van akademiese merietebeurse vir 2024-matrikulante.

15 Januarie

Akademia stel met trots die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur bekend.

26 Maart

Akademia stel sy L-E-E-S!-projek bekend ter viering van Afrikaans 100.

28 Mei

Die Fakulteit Opvoedkunde het die soeklig opnuut op mentorskap geskyn by wyse van ʼn simposium met die tema: Van meester tot leermeester.

3 Januarie

Ontvang die nuus dat Akademia as hoëronderwysinstelling geregistreer is. Die instelling word op 19 Januarie 2012 aan media en akademici bekendgestel.

16 Maart

Akademia ken eerste grade in BCom (Bestuursrekeningkunde) toe.

12 Junie

Akademia stel ʼn gratis Afrikaanse verwysingsgids vir skole beskikbaar.

27 Julie

Akademia stel die wêreldbekende koordirigent, Franco Prinsloo, aan.

25 Februarie

Studente hou ʼn eerste koshuisinblynaweek by koshuis@Leriba.

26 Julie

Akademia het aangekondig dat professor Hermie Coetzee, gesoute akademikus en toegelate prokureur, as die dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid aangestel is.

5-7 Januarie

Akademia skop 2023 af met ʼn suksesvolle STEAM-kongres.