11 Oktober
Akademia se eerste alumnikomitee is aangewys om as ambassadeurs voor te vat.
15 April
Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid spog vanaf 2025 met ʼn splinternuwe toevoeging tot sy programaanbod, naamlik die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg.
12 November
Akademia en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sluit ʼn vennootskap ter viering én uitbouing van Afrikaans as wetenskapstaal.
12 Mei
Akademia ontvang die literêre versameling van die digter, vertaler, letterkundige en radioman dr. Daniel Hugo, tydens ’n spesiale dinee.
12 April
Akademia se eerste Prestige-aand word gehou, waar die eerste Futurum-toekenning oorhandig word.
26 Februarie
Die nuut-ingerigte Centurion-kampus word aanlyn bekendgestel.
11 November
Akademia het die nuus aangekondig dat ʼn BEd (Grondslagfase-onderwys)-program vanaf 2022 voltyds by die Gerhardstraatkampus in Centurion aangebied gaan word.
12 Mei
Akademia het die nuus aangekondig dat LLB vanaf 2023 ook voltyds via die kampusmodel by die Centurion-kampus aangebied gaan word.
10 Oktober
Akademia het op die tiende dag van die tiende maand (10 Oktober) tien jaar van klasgee gevier tydens ʼn glansfunksie wat by die Sol-Tech-kampus in Pretoria gehou is.
16 Februarie
Akademia stel ereleerstoel in onderwysleierskap bekend.
17 April
Akademia stel eerste koffiewinkel Sowel As bekend.
26 Junie
Akademia huisves boekversameling van baanbrekertaalhistorikus, prof. Edith Raidt.
7 September
Die Fakulteit Opvoedkunde het ʼn openbare lesing en oop gesprek by Leriba in Centurion aangebied oor klassieke onderwys.
27 Januarie
Twee bykomende koshuise vir Akademia-studente, Huis Magalies en Huis Daglelie, is bekendgestel.
26 April
Prof. Jerzy Koch, bekende Poolse akademikus en letterkundige van die Adam Mickiewicz-Universiteit in Pole het vroeër vandeesmaand as ʼn gas van Akademia se nuutgevonde Taalsentrum met eerstejaarstudente in Afrikaans van die Fakulteit Opvoedkunde oor letterkunde en tale in kontak gesels.