20 Julie

Akademia stel die nuwe kwalifikasie, BCom (Ekonomie en Regte) tydens ’n dinee in Pretoria bekend. Hierdie graad word vanaf 2017 aangebied.

1 Februarie

Akademia verwelkom die eerste studente in Baccalaureus Legum (LLB).

6 Maart

Akademia hou vir die eerste keer ooit ʼn kampusdeurry ter viering van die kampusopening.

19 November

Splinternuwe privaat studenteverblyf is bekendgestel vir Akademia-studente, genaamd koshuis@Leriba.

13 Mei

Akademia het ʼn heel eerste koorfees aangebied en dié geleentheid was ʼn reusesukses. Die koorfees het uit vyf kore bestaan: Die Hoërskool Menlopark, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Garsfontein en die Akademia-koor.

18 Oktober

Akademia het op 18 Oktober 2022 tydens ʼn bekendstellingsfunksie by Leriba in Centurion die nuus bekendgemaak dat die instelling ʼn opwindende kortkursusplatform genaamd Akademia et al. van stapel stuur.

17 Februarie

Akademia bied heel eerste eerstejaarskonsert aan.

18 April

Akademia stel Loopbaansentrum vir studente bekend.

28 Junie

Mariska Wannenburg, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia, was een van slegs 22 akademici wêreldwyd wat die geleentheid gebied is om ʼn referaat te lewer tydens die tweejaarlikse internasionale konferensie van die Suider-Afrikaanse Rekeningkundige Vereniging (SAAA) wat vanaf 28 tot 30 Junie by Sun City aangebied is.

8 September

Aktuele verwikkelinge in verskeie areas van Verbruikersbeskermingsreg was die onderwerp van bespreking tydens ʼn onlangse simposium vanuit Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid.

10 Februarie

Deur die Spore-projek reik Fonties uit na kwesbare gemeenskappe.

2 Mei

Akademia se 2025-studieaansoeke vir die nauurse afstandsmodel en die voltydse kampusmodel het geopen.

19-23 Augustus

Akademia het as gasheer opgetree vir ʼn afvaardiging vanaf Hillsdale College in Michigan in die Verenigde State.

4 Oktober

Louis en Willem Albertyn met hul besigheid Avo Guy is as wenners van 2024 se BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys.

8 Februarie

Huis Hennops en Huis Strelitzia het as wenners uit die stryd getree by vanjaar se Spore-projek.