Search
Close this search box.

Bou aan ‘n toekoms op ‘n ryk kultuurerfenis

Gepubliseer op: 15 Mei 2017

Akademia is ideaal geposisioneer om nuut oor universiteitswese te dink en op die ryk Westerse kultuurerfenis te bou in ‘n poging om hedendaagse uitdagings te oorbrug.

Só het professor Danie Goosen op 3 Mei 2017 tydens ‘n lesing oor die Westerse kultuurerfenis gesê. Hy het aangetoon hoe dié erfenis die grondslag van ons samelewing se hedendaagse vryhede en bestaan vorm, en waarom ‘n universiteit daardie erfenis moet verreken om waarlik universiteit te wees.

In sy verwelkoming het Piet le Roux, Akademiese Hoof van Akademia, benadruk dat, in ‘n omgewing waar tegnologie vandag snel verander, die arbeidsmark soos nooit tevore ‘n sekere aanpasbaarheid vereis. “Daarom moet ‘n mens erns maak met ‘n stewige grondslag, waarop jy nuwe insigte kan bou en jou spesialisasie in nuwe rigtings kan stuur.”[pullquote]“Daarom moet ‘n mens erns maak met ‘n stewige grondslag, waarop jy nuwe insigte kan bou en jou spesialisasie in nuwe rigtings kan stuur.”[/pullquote]

Volgens prof Goosen is die Westerse kultuurerfenis die grondslag waarop die moderne akademie gebou is. Die stede Athene (filosofie), Jerusalem (godsdiens) en Rome (regsgeleerdheid) versinnebeeld die Westerse akademiese erfenis, aangesien alle ander dissiplines uit hierdie drie stede ontwikkel het.

Die voormoderne Westerse kultuurerfenis se kern is in die Heilige Duitse Romeinse Ryk te vinde, wat deur die loop van 1000 jaar talle prestasies behaal het, soos die gotiek, universiteit, musiek, kuns, teologie, desentrale magte, riddersetiek en die militêre. Volgens Goosen verlang 20ste eeuse letterkundiges soos C.S Lewis met sy Narnia-reeks en Tolkien met sy Lord of the Rings-reeks in waarheid terug na die voormoderne wêreld, en lewer kritiek op die moderne kultuurerfenis.

Vir die voormoderne mens was God en die skepping goed, mooi en waar, terwyl die moderne mens – dit is, breedweg gestel, die opvatting van die modernisme as ‘n wêreldbeskouing sedert die opkoms van die absolute monargieë vanaf die vyftiende eeu – God irrasioneel, onvoorspelbaar en afstandelik ervaar het, en die skepping as ‘n tuistelose plek. Vroeër was deelname en gemeenskap sentraal, terwyl mense in moderne tye uit hul gemeenskap gehaal is en as enkelstaande individue gedefinieer is. Die voormoderne mens se geluk het van sy deelname aan gemeenskapsinstellings afgehang, terwyl die moderne mens sy eie belange bevorder het in ‘n eensame soeke na geluk.

In voormoderne tye was die sentrale gesag swak en het gemeenskappe mag oor eie sake gehad. Daarna het die mag in die hande van die staat beland, wat vyandig was teenoor gemeenskapsinstellings soos skole. Suid-Afrika is vandag nog deel van hierdie erfenis.

[pullquote]“N.P van Wyk Louw se sukses is moontlik gemaak deur gemeenskapsinstellings soos die Afrikaanse huis waaruit hy gekom het, skole, kerke ensovoorts, sodat hy as individu na vore kon tree. Ons het vandag gemeenskappe nodig, te midde van individualisme.”[/pullquote]Prof Goosen maak voorspraak vir ‘n terugkeer na die romantiek van gemeenskap – nie om individualisme ongedaan te maak nie, maar juis om die individu binne sy gemeenskap te versterk. “N.P van Wyk Louw se sukses is moontlik gemaak deur gemeenskapsinstellings soos die Afrikaanse huis waaruit hy gekom het, skole, kerke ensovoorts, sodat hy as individu na vore kon tree. Ons het vandag gemeenskappe nodig, te midde van individualisme.”

Die ideale gemeenskap is ‘n oop struktuur wat ‘n veelheid van stemme en verskille binne homself toelaat. Individue het ‘n kulturele verwysing nodig, daarom is die samehang van die individu en sy gemeenskap van groot belang.

Prof Goosen verduidelik dat die wetenskap homself vandag in ‘n krisis bevind. “Akademia as instelling kan ‘n antwoord bied op hierdie krisis, deur nuwe denke oor die politiek en ekonomie te ontwikkel en interpersoonlike verhoudings uit te brei. Akademia kan nuut dink oor universiteit en op die ryk Westerse kultuurerfenis bou in ‘n poging om die hedendaagse uitdagings te oorbrug. Universiteite elders ter wêreld is met dieselfde eksperiment besig en Akademia is deel van die avontuur!

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.