Gepubliseer op: 5 Februarie 2025
Geskryf deur Lianda Coetzer, bibliotekaris by Akademia.
Dit is vandag, 5 Februarie 2025, Wêreldhardopleesdag. Vandag word ons opnuut herinner aan die belangrikheid én positiewe ontwikkelingsimpak wat hardoplees en stories vir kinders inhou. Dit is dan ook nie ʼn verrassing dat dié gebeurlikheid hand aan hand loop met Internasionale Storievertelweek, wat gedurende die eerste week van Februarie gevier word, nie.
Maar hoe gemaak in ʼn snelveranderende wêreld waar tegnologie ʼn al groter rol speel in die leeservaring van kinders? Lesers, en selfs jongelinge, verkies korter stories met ʼn vinniger trant terwyl storieboeke van ouds plek maak vir rekenaarskerms en sosialemediaplasings. Die uiteinde is dat kinders al hoe meer motivering nodig het om ʼn fisiese boek nader te trek, vir ʼn langer tydsduur hulself met die leesproses te besig én boonop met groter konsentrasie te lees. Binne hierdie milieu kom onderwysers voor ʼn moeilike uitdaging te staan, naamlik om lees vir plesier aan te moedig en kinders van die waarde van lees te oortuig.
Om te lees breek die wêreld vir jong kinders oop, en moet gesien word as ʼn toegangskaartjie na letterlik enige bestemming wat die verbeelding kan optower – feitlik óf fiktief. Ongelukkig is daar egter slegs ʼn beperkte venstertydperk om kinders positief te motiveer en opgewonde te maak om te lees. Om dié rede is dit belangrik om vanaf ʼn jong ouderdom ʼn passie vir lees aan te kweek.
Die voordele verbonde aan lees is legio. Lees is ʼn goeie bron van ontspanning, terwyl dit ook ʼn beduidende invloed op kognitiewe en sosiale ontwikkeling het. In terme van taalvaardigheid en kreatiwiteit speel lees ook ʼn sleutelrol. Interessant genoeg, help lees ook met die ontwikkeling van sagte vaardighede soos geduld, fokus, veerkragtigheid en meelewendheid. Vir die onderwyser verteenwoordig lees daarom ook ʼn belangrike hulpbron in ʼn leerder se skolastiese gereedskapskissie. Hiermee ʼn paar praktiese wenke om ʼn kind se belangstelling in lees aan te wakker en só sy of haar leesvaardighede te verbeter.
Nooi skrywers, uitgewers en selfs verteenwoordigers van plaaslike biblioteke om boekbekendstellings by die skool te doen
Om ʼn blywende liefde vir lees reeds op skoolvlak te kweek is nie net ʼn prettige en ontspannende aktiwiteit nie, maar ook die wipmat vanwaar kreatiewe dromers en akademiese presteerders die toekoms tegemoet stap. Lees is en bly ʼn waardevolle hulpmiddel vir intellektuele, emosionele en persoonlike groei.
Mag die vlam van leesgierigheid hierdie Wêreldhardopleesdag hoog brand en mag elke leerder die wonder van lees eerstehands ervaar.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2024 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.