Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Bevorder jou loopbaan met nauurse studies by Akademia

Gepubliseer op: 29 April 2022

Daar bestaan talle debatte oor wat die meeste tel vir jou loopbaan – studies of werkservaring. Akademia, bied aan studente die geleentheid om steeds ʼn kwalifikasie te voltooi, terwyl hulle werk of ander belangstellings najaag. Dus hoef jy nie te kies tussen een van die twee nie.

Ter viering van Werkersdag op Sondag 1 Mei, fokus die instelling op die nauurse onderrigleermodel en die voordele daaraan verbonde om te werk en te studeer.

Nauurse studente by Akademia het ʼn keuse van twaalf geakkrediteerde studierigtings oor vyf fakulteite. Van die gewilde programme is LLB, BCom (Ondernemingsbestuur), BCom (Bestuursrekeningkunde), sowel as die Nagraadse Onderwyssertifikaat vir Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys.

Wat is die voordele daaraan om nauurs by Akademia te studeer? Hier is vyf redes.

  • Jy kan werk en ʼn inkomste verdien, dit terwyl jy werkservaring opdoen en vir ʼn kwalifikasie van gehalte studeer. ʼn Inkomste maak dit ook moontlik dat jy jou studies kan afbetaal terwyl jy studeer.
  • Jy kan daagliks dit wat jy tydens studies leer prakties in die werksplek toepas.
  • Jy woon nauurs klas by. Die klasse word volgens ʼn gerieflike klasrooster op weeksaande en sommige Saterdae aangebied om sodoende nie met werksure in te meng nie. Boonop kan jy vanaf enige plek in die wêreld nauurs aan Akademia studeer.
  • Jy kan die voordele van moedertaalonderrig geniet. Akademia se voertaal is Afrikaans en daarom word klasse slegs in Afrikaans aangebied.
  • Jy ontvang optimale ondersteuning deur dosente en die aanlyn leerbestuurplatform om jou studiereis te vergemaklik.
  • Die interaktiewe aard van die studiesentrums se kontaksessies bied aan studente ʼn uitstekende afstandsleerervaring, aangesien dit voel asof jy werklik deel van die sessie is en nie net ʼn toeskouer is nie.

 

Die instelling bied twee nauurse opsies om onderrig nog meer toeganklik te maak. Die eerste opsie is om nauurs by een van tien studiesentrums fisies klas by te woon. Klasse is interaktief met die dosent wat regstreeks op ʼn skerm voor in die lokaal klas aanbied. Tydens kontaksessies kan studente die dosent se klasnotas of berekeninge op ʼn groot skerm sien, en die dosent word op ʼn tweede skerm lewensgroot vertoon. Die tweede opsie is om via e-leer te studeer. Dié opsie maak studies in Afrikaans wêreldwyd moontlik. Klasse is steeds interaktief waar studente regstreeks aanlyn vrae kan vra en aan klasbesprekings kan deelneem. Klankbane van alle nauurse klasse word vir hersieningsdoeleindes opgeneem en aan studente beskikbaargestel.

Vir studente wat nauurs wil studeer, maar steeds aan ʼn studentelewe wil deelneem, is daar ook geleenthede om by studenteaksies betrokke te raak. Die studentelewe aan Akademia ondersteun deugde soos karaktervorming, integriteit, wysheid, vriendskap en die sin vir gemeenskap, wat weer die instelling se verbintenis tot opvoeding en vorming ondersteun en versterk.

Waarvoor wag jy? Studieaansoeke vir 2023 is reeds oop. As jy die volgende stap na ʼn blink toekoms wil neem, besoek die webwerf by www.akademia.ac.za vir meer inligting, of stuur ʼn WhatsApp na 087 997 1790. Akademia, jou loopbaanreis begin hier!

Die Spens is die digitale leerruimte vir Akademia-studente waar klasopnames, studiemateriaal en vele meer beskikbaar gestel word.
Nauurse studente kan saam met mede-studente oor ʼn landswye netwerk van studiesentrums interaktiewe klasse bywoon.
Nauurse studente kan ook vanuit die gemak van hul eie huis of kantoor met die e-leeropsie klas bywoon.