Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Akademia se jong leiers amptelik ingehuldig

Gepubliseer op: 25 Mei 2021

Akademia het op 11 Mei haar studenteraad (SR), asook die private studenteverblyf se huiskomitee (HK), ingehuldig tydens ʼn seremonie wat op die Centurion-kampus plaasgevind het. Akademiese bestuur sowel as die leiers se ouers of geliefdes het hierdie spesiale aand saam met die SR en HK gevier. Paul Smit, verhoudingspesialis met ʼn nou betrokkenis by Akademia, het ook as hoogtepunt die leiers oor ware leierskap toegespreek.

Dr. Desiree Muller, studentesakebestuurder by Akademia, noem dat sy uitsien om saam met so ʼn hoë kaliber van jongmense te werk en om saam met hulle geskiedenis te maak. “Ons sien uit dat hierdie studente trotse ambassadeurs kan wees en Akademia se naam hoog kan hou. Hulle maak reeds Akademia se hande sterk,” sê Muller.

Akademia stel die studenteraad en hul portefeuljes bekend:

  • Lindy Steyn – SR: Voorsitter
  • May-li Swanepoel – SR: Ondervoorsitter
  • Nikkie Kriel – SR: Sekretaresse
  • Jeani van Heerden – SR: Tesourier en Koshuisraad (Kampus)
  • Daniël Visser – SR: Kultuur (Kampus)
  • Jean-Luc le Roux – SR: Sport (Kampus)
  • Anél Smit – SR: Bemarking
  • Wilu Wessels – SR: Tesourier en Bemarking (Nauurs)
  • Michael Schutte – SR: Kultuur (Nauurs)
  • Japie Theron – SR: Sport (Nauurs)
  • Sanchia van der Merwe – SR: Sport (Nauurs)

Hiermee ook die huiskomitee-lede en hul portefeuljes:

  • Marisha Hermann – HK: Primaria
  • Megan Meyer – HK: Onder-Primaria
  • Deidré Fischer – HK: Fondsinsameling en Sosiaal
  • Jenna-Bleu Heystek – HK: Studentesake en Instandhouding
  • Dylan Wagner – HK: Leierskapontwikkeling
  • Vian van Schalkwyk – HK: Sport
  • Alicia Bennett – HK: Sekretaris en Finansies

Akademia is trots op elke studenteleiers en wens die SR- en HK-lede voorspoed met hul termyn toe.

Akademia se studenteraad saam met dr. Desiree Muller, studentesakebestuurder. Links na regs: Daniël Visser, Lindy Steyn, Jean-Luc le Roux, May-li Swanepoel, dr. Desiree Muller, Jeani van Heerden, Nikkie Kriel, Anél Smit, Micheal Schutte en Japie Theron. Afwesig: Wilu Wessels en Sanchia van der Merwe.
Akademia se private studenteverblyf huiskomitee saam met dr. Desiree Muller, studentesakebestuurder. Links na regs: Jenna-Bleu Heystek, Megan Meyer, Desiree Muller, Marisha Hermann, Vian van Schalkwyk, Alicia Bennett, Dylan Wagner. Afwesig: Deidré Fischer.