Akademia-prestigefunksie: Só gedy Fonties in akademie én leierskap

Gepubliseer op: 6 Mei 2025

Ouers, Fonties, personeel, vriende en alumni het van heinde en verre gereis om Akademia se jaarlikse prestigefunksie op Maandag 5 Mei 2025 by die Fairtree Atterbury Teater in Pretoria by te woon. Tydens hierdie geleentheid is die instelling se bestaansrede as Afrikaanse studietuiste gevier deur akademiese én leierskapsprestasies te vereer. Die prestigefunksie is sedert 2019 ʼn jaarlikse hoogtepunt op die instelling se gebeurlikheidskalender.

Volgens Marthinus Visser, Akademia se besturende direkteur, is dit vir die instelling ʼn groot voorreg om by wyse van hierdie prestige toekenningsgeleentheid hulde te bring aan uitnemendheid. “Ons as hoëronderwysgemeenskap staan vanaand vir ʼn oomblik stil en gee erkenning aan uitsonderlike uitblinkers wat gedurende die akademiese jaar verwerf is. Hierdie prestasies is die gevolg van toegewydheid, harde werk en deursettingsvermoë,” sê Visser. Hy het voorts te kenne gegee dat goeie skoolonderwys en vorming, opvoeding en ondersteuning in en deur die ouerhuis asook ander gemeenskapsinstellings die grondslag vir dié prestasies gelê het.

Akademia in sy aard en wese as roepingsgedrewe studietuiste rus volgens Visser studente vir uitnemendheid toe by wyse van die ontwikkeling van gehalte programme, studiemateriaal, onderrig- en leerpraktyke, assessering, studieondersteuning en doeltreffende administrasie. Hierdie insette tesame met elke student se entoesiastiese medewerking, dek gevolglik die tafel vir hoë prestasie. “Vanaand vereer ons nie net ons topstudente en uitblinkers nie, maar gee ons ook erkenning aan almal wat deel was en is van hierdie akademiese waardeketting,” meen Visser.

Gedagtig aan die toekennings wat aan studenteleiers gemaak is, verduidelik Visser dat Akademia se studentelewe uitsluitlik bedryf word ter ondersteuning van die instelling se verbintenis tot die vorming van al sy studente. Hierdie studentelewe word moontlik gemaak deur studente wat hulself as leiers beskikbaar stel om só diensbaar tot die groter studentegemeenskap te wees.

Akademiese toekennings

Tydens die geleentheid is toekennings binne elk van die vyf fakulteite gemaak. Hiermee ʼn uiteensetting van die verskillende akademiese toekennings wat by die spoggeleentheid oorhandig is.

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

  • 2024-toppresteerders in voltooide kwalifikasies:
    • Jessica Lange – BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)
    • Larissa van Dyk – BCom (Ekonomie en Regte)
    • Lize Retief – BCom (Ondernemingsbestuur)
    • Nicole Botha – BCom (Bestuursrekeningkunde)
    • Pieter Adriaan Booyens – Gevorderde Diploma in Projekbestuur
    • Pietje Petronelle Schinkel – Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
    • Anika de Jager – Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde

  • 2024-toppresteerders in voltooide nagraadse kwalifikasies:
    • Hanke du Plessis – BComHons (Ondernemingsbestuur)
    • Carami van der Vyver, Jeanne-Marie van Zyl, en George Wolhuter – topnavorsingsgroep in BComHons (Ondernemingsbestuur)
    • Elrika van der Westhuizen – Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde
    • Ernice Kleyn – Nagraadse Diploma in Belasting

  • Top- presterende studente (studente wat steeds aktief besig is om hul programme te voltooi):
    • Corlia Bekker – BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde) | voltydse kampusmodel
    • Elzeri Sadler – BCom (Ondernemingsbestuur) | voltydse kampusmodel
    • Nika van Zyl – BCom (Ekonomie en Regte) | voltydse kampusmodel
    • Anke Kruger – BCom (Bestuursrekeningkunde) | nauurse afstandsmodel
    • Dané Visser – BCom (Ondernemingsbestuur) | nauurse afstandsmodel
    • Elizabeth Adriana Pistorius – BCom (Rekeningkunde) | nauurse afstandsmodel
    • Tanika van Graan – BCom (Ekonomie en Regte) | nauurse afstandsmodel
    • Vian de Blanche – BCom (Finansiële Beplanning) | nauurse afstandsmodel

Fakulteit Geesteswetenskappe

  • 2024-toppresteerders in voltooide kwalifikasies:
    • De Wet Nel – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
    • Frederik Robert Beyer – BA (Kommunikasie en Joernalistiek)

  • Top- presterende studente (studente wat steeds aktief besig is om hul programme te voltooi):
    • Emma Lotriet – BA (Kommunikasie en Joernalistiek) | voltydse kampusmodel
    • Kaitlin Scott – BA (Taalstudies) | voltydse kampusmodel
    • Miné Hermann – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) | voltydse kampusmodel
    • Matthew Olivier – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) | nauurse afstandsmodel

  • Top- presterende studente in ʼn spesifieke vakgebied:
    • De Wet Nel – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) | beste: akademiese artikel
    • Emma Lotriet – BA (Kommunikasie en Joernalistiek) | beste: Kommunikasiebestuur
    • Joost Strydom – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) | beste: Politiek
    • Kaylia Smithers – BA (Kommunikasie en Joernalistiek) | beste: Joernalistiek
    • Sias Hoffmann – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) | beste: Filosofie

Fakulteit Natuurwetenskappe

  • 2024-toppresteerder in voltooide kwalifikasie:
    • Paul Christiaan Johannes Potgieter – BSc (Wiskundige Wetenskappe)

  • Top- presterende studente (studente wat steeds aktief besig is om hul programme te voltooi):
    • Mia Kirsten – BSc (Wiskundige Wetenskappe)
    • Louis van der Walt – BSc (Rekenaarwetenskappe)

  • Top- presterende studente in ʼn spesifieke vakgebied:
    • Louis van der Walt – BSc (Rekenaarwetenskappe) | Datawetenskappe
    • Phillip van Staden – BSc (Rekenaarwetenskappe) | Sagteware-ontwikkeling

Fakulteit Opvoedkunde

  • 2024-toppresteerder in voltooide kwalifikasie:
    • Juan Theron – Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)

  • Top- presterende studente (studente wat tans steeds besig is om hul programme te voltooi):
    • Ané van Rooyen – BEd (Grondslagfase-onderwys)
    • Anneré Koen – BEd (Grondslagfase-onderwys)
    • Engela Genis – BEd (Grondslagfase-onderwys) | algehele toppresteerder
    • Jewel Pelser – BEd (Grondslagfase-onderwys)
    • Juné Jordaan – BEd (Grondslagfase-onderwys)
    • Shani Prinsloo – BEd (Grondslagfase-onderwys) | beste Werkgeïntegreerde-onderwysstudent
    • Marnie van der Westhuizen – BEd (Intermediêre Fase-onderwys) | algehele toppresteerder en beste Werkgeïntegreerde-onderwysstudent

  • Top- presterende studente (studente wat tans besig is om hul programme te voltooi):
    • Anél du Plessis – Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
    • Brigit Rossouw – Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
    • Carmen Smit – Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
    • Liaan Colin – Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
    • Linke van Rooyen – Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
    • Maryke van Graan – Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
    • Norma Boshoff – Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
    • Petri van Wyk – Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)

  • Afrikaanse Onderwysnetwerkbeurse vir die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur:
    • Carine de Vries
    • Nadia Last
    • Stefan van Wyk
    • Wynand Blomkamp

Fakulteit Regsgeleerdheid

  • 2024-toppresteerders in voltooide kwalifikasies:
  • Gerhardus Hermanus Stephanus Pretorius – LLB
  • Denise du Plessis – LLB: beste skripsie
  • Top- presterende studente (studente wat steeds aktief besig is om hul programme te voltooi):
  • Alet Kleynhans | nauurse afstandsmodel
  • Jessy McCarthy | voltydse kampusmodel

Leierskapstoekennings

Die volgende studente ontvang elk ʼn leierskapserkenningsertifikaat asook ʼn prestasiebeurs:

Studenteraad (SR)

  • Johannes van Jaarsveld – Voorsitter
  • Matthew Luës – Adjunkvoorsitter
  • Annemé Kriel – Gemeenskap
  • Chante-Marie Espach – Studenteaktiwiteite (Nauurs)
  • Corné Boer – Sport
  • Elsomé Thuynsma – Kuns en Kultuur
  • Gerda Saunders – Bemarking (Nauurs)
  • Maarten van Aswegen – Finansies
  • Martin Munro – Verenigings
  • Marzé Becker – Koshuisraad
  • Wilani Alberts – Bemarking en Kommunikasie

Uitvoerende komitee (UK)

  • Waldo Dreyer – Bemarking
  • Lizari Botha – Finansies
  • Rachelle Pretorius – Gemeenskap
  • Niël Bekker – Koshuise
  • Lourinda Smit – Kuns en Kultuur
  • Frances Dreyer – Sport
  • Zabeth Breytenbach – Verenigings

Hoofleiers: Koshuise en daghuise

  • Andro Henzen – Huis Karoo | Primarius
  • Conrad Prins – Huis Hennops | Primarius
  • Daniel d’Assonville – Huis Magalies | Primarius
  • Danika Young – Huis Strelitzia | Primaria
  • Monique Schlesinger – Huis Dahlia | Primaria
  • Sonika Tselepis – Huis Daglelie | Primaria
  • Aloné Arnoldi – Huis Dahlia | Onderprimaria
  • Collyn Fourie – Huis Magalies | Onderprimarius
  • Hendre Human – Huis Hennops | Onderprimarius
  • Johmari Jansen van Rensburg – Huis Daglelie | Onderprimaria
  • Rochelle de la Rey – Huis Strelitzia | Onderprimaria
  • Ruan van der Vyver – Huis Karoo: Onderprimarius

Alumni-uitblinkerstoekenning 2024

Hierdie toekenning is vanjaar vir die eerste keer gemaak en bied erkenning aan ʼn Akademia-alumnus wie se verhaal ʼn blywende impak maak terwyl dié alumnus voorts ʼn voorbeeld van toewyding, sukses en pionierskap is. Die kriteria vir die toekenning is toegewys deur ʼn drieledige kriteria: personeelstemme vir die beste alumni-suksesverhaal, die suksesverhaal wat die beste op sosiale media ten opsigte van interaksie gevaar het, en die suksesverhaal wat die meeste webbladlesers gehad het. Die toekenning is gemaak aan Jean-mari Cornelius wat haar BCom (Ekonomie en Regte)-kwalifikasie in 2024 verwerf het. Cornelius is die eerste dowe graduandi wat hierdie kwalifikasie aan Akademia behaal het.

Futurum-toekennings 2025

In Akademia se strewe om uitnemendheid aan te moedig én te vier erken die Futurum-toekenning personeel wat hul doktorsgrade verwerf. Die oorkoepelende doel van hierdie toekenning is om akademiese uitnemendheid en vakwetenskaplike uitsette te erken.

Dr. Heleen Coetzee is vereer vir die voltooiing van haar DPhil-kwalifikasie met spesialisering in Kindersielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Dr. André Gouws het ook erkenning ontvang vir die verwerwing van sy DPhil-kwalifikasie in Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch.

Hartlik geluk aan elke alumnus, Fontie en personeellid wat vir hul uitnemendheid erken is. Dit is die instelling se wens dat hierdie sukses elkeen se pad vorentoe sal verlig sodat ʼn hoopvolle en mooi toekoms binne elkeen se bereik mag wees. Besoek gerus Akademia se sosialemediaplatforms vir foto’s van die geleentheid.

Akademia se jaarlikse prestigefunksie is ʼn hoogtepunt op die instelling se jaarkalender en ʼn viering van uitnemende studenteprestasies.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.