Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Is jy ʼn mansstudent by Akademia? Wil jy aktief deelneem aan die bruisende studentelewe, maar jy is nie ʼn koshuisinwoner nie?

Dan is Akademia se mansdaghuis die regte plek vir jou!

ʼn Daghuis bied aan studente wat deel vorm van die voltydse kampusmodel, maar nie in ʼn koshuis bly nie, die geleentheid om die pret van die koshuis- en studentelewe voluit te geniet. Sodoende kan jy koshuisaksies, dinees en alle kultuur- en sportfunksies van die mansdaghuis bywoon en deel in die unieke en besonderse koshuiskultuur. As ʼn daghuislid het jy die geleentheid om lewenslange vriendskappe te smee, terwyl jy trots die mansdaghuis-embleem op jou bors dra. Ons moedig jou aan om spoedig aan te sluit sodat jy kan deelneem aan al die koshuisaktiwiteite en oriëntering as deel van die mansdaghuis.

Die volgende items kan aangekoop word:

  • Das
  • koshuisbaadjie
  • Hoed
  • T-hemp

Die aansluitingsfooi is ʼn jaarlikse betaling van R500 wat deur elke student betaal word om deel te neem aan ons bruisende studente- en koshuislewe. Dié finansies word gebruik om verskeie aksies moontlik te maak. Hierdie fooi staan bekend as die “koshuiskas”.

Daar gaan van jou verwag word om aktief deel te neem aan aksies en gebeure soos wat die mansdaghuis-huiskomitee dit aan jou kommunikeer. Jy gaan ook die mansdaghuis-waardes moet uitleef en die sleepkoshuis met respek hanteer tydens alle sleepaksies. Laastens is daar ʼn aansluitingsfooi om te betaal asook klerasie om aan te koop.

Aansoek vir die mansdaghuis

*Let wel dat slegs studente wat op die voltydse kampusmodel studeer aansoek kan doen om ʼn lid van die daghuis te wees.

Indien ʼn nauurse afstandstudent, wat in Pretoria woon, sou wou aansluit, kan ʼn spesiale versoek gerig word na douard@akademia.ac.za. Die aksies word hoofsaaklik op die Centurion-kampus gehou.


Neem kennis: Klerasiebestellings vir die mansdaghuis sal op Die Winkel plaasvind.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE