Vakante poste
Daar is geen poste tans beskikbaar nie.
Bemarking en Kommunikasie
Fakulteit Geesteswetenskappe
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het tans ʼn deeltydse pos vir ’n assistent in die Taalsentrum in die Fakulteit Geesteswetenskappe beskikbaar. Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die kandidaat oor ʼn voorgraadse kwalifikasie en ʼn goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans beskik. ʼn Relevante nagraadse kwalifikasie sal in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die deeltydse assistent verwag word om ʼn spektrum van take te verrig wat verband hou met die koördinering van die Taalvaardigheidsprojek. Dit sluit onder meer in administratiewe bystand aan die koördineerder: Taalvaardigheidsprojek, die hantering van studentenavrae, hulp met die instandhouding van die leerbestuurstelsel en ondersteuning met betrekking tot assesserings en nasienwerk, asook data-insameling en -ontleding vir verslaggewingdoeleindes.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk skryf- en redigeervaardighede in Afrikaans en Engels beskik, uitstekende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede hê, onafhanklik of in spanverband kan saamwerk, innoverend en hardwerkend wees, inisiatief kan neem, oplossingsgedrewe wees, goeie administratiewe- en prioritiseringsvermoë hê, oor ʼn besondere vermoë beskik om werk onder druk te hanteer, ʼn passie vir Afrikaans hê, en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Slegs Afrikaanse CV’s word aanvaar. Aansoeke moet voor of op 30 Julie 2025 ingedien word. Neem kennis dat slegs aansoeke oorweeg word wat deur middel van die skakel ingedien word. Stuur gerus ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Fakulteit Natuurwetenskappe
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 ʼn voltydse pos vir ʼn dosent in die BSc (Rekenaarwetenskappe)-program in die Fakulteit Natuurwetenskappe beskikbaar. ʼn Meestersgraad in Rekenaarwetenskappe is wenslik maar kandidate met ʼn honneursgraad en ervaring in onderrig of opleiding sal ook oorweeg word.
Die kundigheid en ervaring wat ʼn ideale kandidaat sal onderskei is iemand in die spesialisareas van datawetenskappe en/of sagteware-ontwikkeling. Kennis van een of meer rekenaartale, die gebruik van databasisse, kennis van sagteware-argitektuur, rekenaargrafika, en datawetenskappe sal in ʼn kandidaat se guns tel.
Daar word van kandidate verwag om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig. Van primêre belang is die ontwikkeling van vakinhoud en leermateriaal, dosering en gehalteversekering van akademiese modules, die opstel van assesseringsaktiwiteite, en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede; interpersoonlike vaardighede; prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede beskik; sowel as onafhanklik in ʼn spanverband kan funksioneer; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; oor die vermoë beskik om werk onder druk te voltooi; ʼn liefde vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Slegs Afrikaanse CV’s sal aanvaar word. Aansoeke moet voor of op 23 Julie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Fakulteit Opvoedkunde
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 ʼn voltydse pos in Pretoria vir ʼn dosent in Opvoedkundestudies, spesifiek Kurrikulumstudies en Algemene Pedagogiek in die Fakulteit Opvoedkunde beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans beskik. Daar word ten minste drie jaar hoëronderwyservaring in die onderrig van Kurrikulumstudies, minstens ʼn MEd-kwalifikasie in die genoemde deeldissipline van die Opvoedkunde asook ʼn professionele onderwyskwalifikasie word vereis. Skoolonderwyservaring is ʼn aanbeveling. Ervaring in versnitte leer (blended learning), blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykervaring, gepubliseerde akademiese artikels, en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal in kandidate se guns tel.
Daar sal van die aangestelde dosent verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat onder andere insluit die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn versnitte-leer-omgewing; en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede; interpersoonlike vaardighede; prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede beskik; sowel as onafhanklik in ʼn spanverband kan funksioneer; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; oor die vermoë beskik om werk onder druk te voltooi; ʼn liefde vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Slegs Afrikaanse CV’s sal aanvaar word. Aansoeke moet voor of op 29 Julie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 ʼn voltydse pos vir ʼn dosent in Opvoedkundestudies, spesifiek Filosofie van die Opvoedkunde (en verkieslik ook Psigo-Opvoedkunde) in die Fakulteit Opvoedkunde beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans beskik. Daar word ten minste drie jaar hoëronderwyservaring in die onderrig van Filosofie van die Opvoedkunde (en verkieslik ook Psigo-Opvoedkunde), minstens ʼn MEd-kwalifikasie in die genoemde deeldissipline(s) van die Opvoedkunde asook ʼn professionele onderwyskwalifikasie word vereis. Skoolonderwyservaring, verkieslik in die onderrig van Lewensvaardighede/Lewensoriëntering, is ʼn aanbeveling. Ervaring in versnitte leer (blended learning), blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykervaring, gepubliseerde akademiese artikels, en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal in kandidate se guns tel.
Daar sal van die aangestelde dosent verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat onder andere insluit die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn versnitte-leer-omgewing; en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede; interpersoonlike vaardighede; prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede beskik; sowel as onafhanklik in ʼn spanverband kan funksioneer; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; oor die vermoë beskik om werk onder druk te voltooi; ʼn liefde vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Slegs Afrikaanse CV’s sal aanvaar word. Aansoeke moet voor of op 29 Julie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 ʼn voltydse pos in Pretoria vir ʼn senior dosent in Onderwysleierskap en -bestuur in die Fakulteit Opvoedkunde beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans beskik. Verder moet die kandidaat oor ʼn PhD-kwalifikasie in die genoemde deeldissipline of verwante deeldissipline in die Opvoedkunde asook oor ʼn professionele onderwyskwalifikasie beskik. Hoëronderwyservaring van minstens vyf jaar in die onderrig van leierskap en bestuur in skoolonderwys is aangedui, met die fokus op bestuur van finansiële en fisiese bronne ʼn sterk aanbeveling. Uiteraard sal skoolbestuurservaring in ʼn kandidaat se guns tel. Kandidate wat beskik oor ʼn MEd-kwalifikasie in Onderwysleierskap en -bestuur sal oorweeg word vir die pos op ʼn dosentvlak indien aan die meeste ander vereistes voldoen word. Ervaring in versnitte leer (blended learning), blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykervaring, gepubliseerde akademiese artikels, en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal in kandidate se guns tel.
Daar sal van die aangestelde dosent verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat onder andere insluit die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn versnitte-leer-omgewing; en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede; interpersoonlike vaardighede; prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede beskik; sowel as onafhanklik in ʼn spanverband kan funksioneer; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; oor die vermoë beskik om werk onder druk te voltooi; ʼn liefde vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Slegs Afrikaanse CV’s sal aanvaar word. Aansoeke moet voor of op 29 Julie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE