*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Kampusopedag 2027

Mooiplaats-perseel – 5 en 6 Maart 2027

Vrydag 5 Maart om 15:00

Saterdag 6 Maart om 08:00

Saterdag 6 Maart om 13:00

Aankoms en registrasie begin twee uur voor die bovermelde aanvangstyd

Met groot afwagting en opgewondenheid word die oprigting van die Akademia-kampus op Mooiplaats dopgehou. Nou is daar ʼn besonderse geleentheid vir voornemende 2028-Fonties om eerstehands die perseel te kom ervaar en te sien waar hulle ʼn akademiese tuiste sal vind.

Tydens hierdie geleentheid kan voornemende studente en hul ouers beleef hoe denke én hart gevorm word deur ʼn verbintenis tot die ware, die goeie en die skone. Kom ervaar hoe ʼn bruisende studentelewe daar uitsien en wat kampuslewe in 2028 sal behels.

Aanhaling van ʼn Akademia student: “Ek het by die opedag aangekom as iemand wat Akademia kom besoek het, maar weggegaan as iemand wat ʼn tuiskoms ervaar het”.

Bespreek vandag nog plek en kom kyk (en ervaar) self waarom Akademia se eiesoortige kultuur hom laat uitstaan as voorkeur- Afrikaanse studietuiste. Ons sien uit daarna om jou op Mooiplaats te verwelkom!

WAAROM MOET EK DIE OPEDAG BYWOON?

Om al my studiemoontlikhede te oorweeg

Om met dosente te gesels

Om ʼn gevoel van koshuislewe by Akademia te kry

Om meer oor die Groot Boeke-program uit te vind

Om te sien hoe ons nuwe Mooiplaats-perseel vorm aanneem

Om medestudente te ontmoet

Om inligting by adviseurs te kry

Om ʼn voorsmakie van ʼn gesonde studentelewe in Afrikaans te ervaar

Om die hart van Akademia te ervaar

Wat kan ek verwag van die kampusopedag

’n Oorsig oor Akademia

Studierigtingspesifieke inligting

’n Blik op die studentelewe

ʼn Wandelroete deur die Mooiplaats-perseel, waar jy ons nuwe studietuiste kan sien groei

NOU JA, WAARVOOR WAG JY? Bespreek NOU!

Kyk die video vir hoogtepunte van verlede jaar se opedag.

Belangrike inligting

Klik hier vir meer oor die kampusontwikkelingsprojek

AKADEMIA – waar jou toekoms vorm kry

 

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.