Kampusopedag 2027
Paarl-kampus – 8, 9 en 10 April 2027
Bredastraat 1, Esterville
Donderdag 8 April om 17:00
Vrydag 9 April om 17:00
Saterdag 10 April om 09:00
Saterdag 10 April om 13:00
Aankoms en registrasie begin een uur voor die bovermelde aanvangstyd.
By Akademia is studentwees soveel méér as net jou studie, en is jy nie nét nóg ʼn studentenommer nie. Dit is ʼn plek waar elke gesprek, nuwe vriendskap en ervaring jou help om vorm aan jou toekoms te gee. Hier smee jy lewenslange vriendskappe, ontdek jy jou roeping en word jy toegerus om die toekoms met vertroue tegemoet te stap.
Waar is ʼn beter plek om vorm aan jou toekoms te gee as by Akademia se kampusopedag in die Paarl? Kom ervaar eerstehands hoe dit is om ʼn Fontie te wees en ontdek hoe ons eiesoortige studentelewe, sorgsame kultuur en verbintenis tot die ware, die goeie en die skone jou help om aan ʼn betekenisvolle toekoms vorm te gee.
Soos ʼn Akademia-student dit beskryf: “Ek het by die opedag aangekom as iemand wat Akademia kom besoek het, maar weggegaan as iemand wat ʼn tuiskoms ervaar het.”
Bespreek vandag nog jou plek en kom ervaar self hoe Akademia ʼn studietuiste kan wees waar jy nie net studeer nie, maar ook vorm gee aan die mens wat jy wil word.
Ons kan nie wag om jou by Akademia te verwelkom nie!
WAAROM MOET EK DIE OPEDAG BYWOON?
Om al my studiemoontlikhede te oorweeg
Om met dosente te gesels
Om koshuisverblyf te besigtig
Om meer oor die Groot Boeke-program uit te vind
Om medestudente te ontmoet
Om inligting by adviseurs te kry
Om ʼn voorsmakie van ʼn gesonde studentelewe in Afrikaans te ervaar
Om die hart van Akademia te ervaar
Wat kan ek verwag van die kampusopedag
’n Oorsig oor Akademia
Studierigtingspesifieke inligting
’n Blik op die studentelewe
Belangrike inligting
- As gevolg van beperkte kapasiteit van lokale versoek ons dat voornemende studente deur slegs twee gaste vergesel word.
- Dit is nie nodig om apart te bespreek vir die gaste nie. Slegs een registrasie per voornemende student is nodig.
AKADEMIA – waar jou toekoms vorm kry
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
