Akademia maak vanjaar trots sy buiging op die teaterverhoog met die Afrikaanse studentemusiekblyspel,
Daai kleindorpiegevoel, ʼn hartroerende verhaal van selfontdekking, liefde en gemeenskap.
3 tot 10 Oktober 2026
3-10 Oktober 2026
Centurion Teater
Centurion Teater
Konsep en storielyn: Johan Vorster en Jacomien de Wet van Inhoud Huis Musiek
Teks en regie: Jannes Erasmus
Musiekverwerkings en -regie: Arnold de Wet en Johan Vorster
Die musiekblyspel word vervaardig deur Inhoud Huis Musiek, die dryfveer agter geliefde treffers soos Semi-Soet, Die kaplyn, Ons vir jou, Die gelofte en Die Afrikaner maak só.
Wanneer Pieter se motor buite die klein dorpie Stofpan teëspoed gee, het hy géén idee dat drie weke op Tannie Pompie se plaas sy hele lewe onherroeplik gaan verander nie. Wat begin het as ʼn noodgedwonge wegbreek, ontvou gou in ʼn ontdekkingsreis gevul met romanse en tekenend van menswees. Tussen eksentrieke dorpenaars, ʼn bok met ʼn persoonlike vendetta, plaasuitdagings en ou liefdes wat weer opvlam, leer Pieter dat die belangrikste dinge in die lewe nie gekoop kan word nie.
Jy sien, Stofpan, is allesbehalwe stil. Terwyl ʼn slinkse burgemeester sy oog op meer as net Tannie Pompie se plaas het, moet Pieter besluit: Keer hy terug na die lewe wat hy ken óf waag hy die een wat hy nooit sien kom het nie?
OP DIE PLANKE IN
ONTMOET DIE HOOFKARAKTERS
Keynan Fox
Abigail de Villiers
Edo Collyer
Zandré Gower
Martin Munro
André Smit
Tristin Minni
Veronique le Roux
STUDENTE DRUK HUL STEMPEL AF
Daai kleindorpiegevoel is een van min Afrikaanse musiekblyspele in die laaste jare wat op hoëronderwysvlak aangebied word en die hele produksie word deur studente gedra – van die rolverdeling tot die tegniese aspekte.
IN HUL EIE WOORDE
“Dit gaan nie altyd oor die mees professionele sangers of akteurs nie, maar oor die regte groep om die legkaart mee te bou. Ons is oortuig daarvan dat ons daardie wenkombinasie gevind het.”
– Johan Vorster, kreatiewe direkteur: Inhoud Huis Musiek
“Omdat dit my finale jaar by Akademia is, voel hierdie musiekblyspel soos ʼn wonderlike afsluiting van my naskoolse verhoogloopbaan. Om saam met professionele kenners te werk, is ʼn ongelooflike leergeleentheid.”
– Keynan Fox, vertolk die rol van Pieter
“Ek wil hê gehore moet spontaan kan lag, verlief raak op Stofpan en sy mense, en met ʼn warm hart huis toe gaan. Dit is propvol humor, romanse en musiek wat lank ná die ligte uitgedoof het, by jou sal bly.”
– Jannes Erasmus, produksieregisseur
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

