Sentrumopedag in die Moot
DATUM
Saterdag 17 Oktober 2026
TYD
09:00
Woon Akademia se sentrumopedag by en ontdek só die boustene van jou toekoms.
Akademia se nauurse afstandsmodel bied die ideale grondslag waarop jy jou studieloopbaan kan bou terwyl jy werk óf ander belangstellings nastreef. Indien jy reeds ʼn vorige kwalifikasie voltooi het, kan jy voortbou aan jou loopbaan deur verdere studie. Kom ontdek hoe jy doelgerig aan jou toekoms kan bou.
Die volgende aspekte sal tydens elke sessie bespreek word:
ʼn Oorsig van Akademia
Wat kan ek studeer?
Hoe werk die klasbywoning?
Hoe werk die aansoekproses?
ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige navrae te beantwoord.
Personeel en studente staan gereed om jou te ontvang sodat jy met selfvertroue die volgende stap in jou studiereis kan neem.
Let wel: Alhoewel die sentrumopedag grootliks op die nauurse afstandsmodel fokus, is diegene wat in voltydse kampusstudie in die Paarl of Pretoria belangstel, steeds welkom om die geleentheid by te woon en vrae te kom vra.
Hoe werk die registrasieproses vir die sentrumopedag?
- Registreer asb. vooraf vir die spesifieke sessie wat jy wil bywoon.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik dan op “Bespreek”.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
- Wees asb. tien minute voor die aanvang van die sessie reeds by die sentrum sodat die program stiptelik op die aangeduide tyd kan begin.
Meer oor Akademia se programme en onderrigleermodelle:
Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel sowel as die voltydse kampusmodel is op die webblad beskikbaar.
Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwysprogramme aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
